"En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die - TopicsExpress



          

"En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle." (MATTHÉÜS 14:24). "Daarop klim hulle (Jesus en Petrus) in die skuit, en die wind het gaan lê." (MATTHÉÜS 14:32). • Baie keer verkeer ons in die storms van die lewe en weet ons nie wat om te doen nie en raak ons paniekerig. • Daar is geen mens of instansie wat vir jou iets kan doen in die tye van storms nie. • Vra Jesus om saam met jou in jou lewens boot te reis en die storms sal gaan le. Gebed: Here dankie dat ons U enige tyd kan aanroep en U hoor ons dadelik. Here ek vra vandag dat U saam met my sal reis in my lewensbootjie en die storms in my lewe sal stilmaak. In Jesus naam. Amen
Posted on: Wed, 31 Jul 2013 10:41:25 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015