”Sy vrou het haar gereed gemaak” Dierbare kind van - TopicsExpress



          

”Sy vrou het haar gereed gemaak” Dierbare kind van God, Ons moet te alle tye gereed wees vir Jesus se Wederkoms wanneer Hy Sy Bruid kom haal, en ons het ’n verpligting om onsself deeglik vir daardie heuglike dag voor te berei. Hier volg die gediggie soos die Gees van die Here my vanmore geïnspireer het. Groete ~ Oom Jacques. Openbaring 19:7 ”Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.” • Jesus se vrou, Sy Bruid, maak gretig en ywer haarself vir Sy Wederkoms, gereed. Laat God se kinders dit tog duidelik verstaan en weet. Lukas 21:36 ”Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, TE ONTVLUG en voor die Seun van die mens te staan.” • Dit is al wat in hierdie laaste uur, vir haar van belang is, en die wêreld met sy begeerlikhede word nie deur haar gemis. Johannes 2:18 ”Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.” • Haar kleed moet vir haar witter as sneeu wees, en daarom luister sy aandagtig na die Stem van die Heilige Gees. Openbaring 22:17 - 20 ”En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom!...Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!” • Jesus se Bruid soek om Hom alleen te behaag, want alles wat die wêreld betref, is vir haar eentonig en afgesaag, en sy het glad nie ’n begeerte om dit na te jaag. 1 Tessalonisens 4:1 ”Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.” • Sy kom egter nog steeds haar aardse verpligting na, maar vra nie meer die ”Waaroms” en ”Hoekoms”, vrae. Sy het, wat die hemelse dinge betref, behoorlike insae ~ Oor die ander dinge is sy min gepla. Titus 2:11 – 13 ”Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus...” • Gehoorsaam, onderdanig en nederig, is sy na haar hemelse Bruidegom begerig, en daarom sit sy nooit rond ledig. Lukas 14:23 ”Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.” Romeine 12:11 ”Wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here...” • Sy verlustig haar in die Vleesgeworde Woord, want dit is aan Hom (Jesus die Christus) wat sy behoort. Jy vind haar nie op plekke, en in geselskappe van mense wat nie is haar soort. Psalm 1:1 ”Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie...” • Sy dink nie sy is beter as ander, want Jesus het haar hele lewenstyl kom verander. Romeine 12:3 ”Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ’n mens behoort te dink nie...” • Met God se heilige dinge hou sy haar besig, en by die voete van Jesus is sy nie afwesig. Sy is gevul met God se blydskap en sy is glad nie droefgeestig. Psalms 68:3 ”Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.” 1 Petrus 4:13 ”Maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.” Facebook: Jacques van der Hoven.
Posted on: Fri, 15 Nov 2013 12:45:29 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015