12 Koekie Resepte: 1. Een twee drie koekies: 750g self - TopicsExpress



          

12 Koekie Resepte: 1. Een twee drie koekies: 750g self raising flour 250g strooi suiker 500g margarine Meng tot gladde deeg, maak bolletjies, druk plat, en bak vir 15 min of tot goud bruin 180 grade. 2. Maklike Koekies: 1kg koekmeel, 500g icing en 1kg botter. Rol uit en maak vormpies en bak vir 10 min op 180. 3. Grondboontjiebotterkoekies: 1 koppie grondboontjiebotter (glad of grof) 1 koppie witsuiker 1 eier, geklits Ja dis al. Al wat toe nodig is is om die koekiedeeg in bolletjies te skep (ek het somme ’n spanspekbolletjie-skepper gebruik) en in 24 bolletjies te rol, op ‘n kleefvrye-sprei-gespuite bakplaat te pak en liggies met ‘n vurk plat te druk. Voorverhitte oond op 180°C Bak vir 10 minute Die koekies voel sag as as dit uit die oond uit kom, so laat dit ‘n rukkie staan en verwyder dan baie versigtig met ‘n platlemmes (die koekies is baie bros.) 4. Vlakoekies: 175g meel 50g vlapoeier 50g versiersuiker 1/2 tl sout 150g sagte margarien 2ml vanilla essence Oond op 180 grade. Alle droog in bak, meng goed (of saam in food processor). Vryf margarien in vanilla in met vingers tot deeg (of meng in processor). Bak 15min. 5. KLAPPER KOEKIES: 250gr botter 250ml suiker 2 eiers 860 ml bruismeel 250ml droe klapper 1 ml sout Room botter en suiker, voeg eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Voeg klapper by. Meng meel en sout en voeg by bottermengsel. Meng goed Deel mengsel in 2 – rol in 2 worse van so 5 cm in deersnee. Maak toe met gladwrap en plaas in yskas vir tenminste ‘n uur. Sny deegrol in snye van so 1 cm dikte (5mm) en bak op gesmeerde bakplaat vir 15 min by 190 grade C. 6. OUTYDSE SPESERYKOEKIES: 425g koekmeel 3ml sout 3ml koeksoda 5ml fyn kaneel 3ml fyn naeltjies 200g karamelbruinsuiker 125g botter 1 eier (geklits) 90ml sjerrie of port 5ml lemoenskil, gerasper amandelsplinters vir versiering Sif meel, sout, koeksoda, kaneel, naeltjies en suiker saam. Vryf botter in. Voeg eier, sjerrie en skil by. Bedek deeg en laat ongeveer 1 uur lank staan. Rol deeg uit tot 3mm-dikte. Druk ronde koekies uit,druk ‘n stukkie amandel in die middel van elke koekie vas. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Bak ongeveer 15 minute lank in voorverhitte oond by 200C. 7. KONDENSMELK SOETKOEKIES: 12 kop meel, 4 eiers, 1 pakkie cream of tartar, 1 pakkie koedsoda, 1tl stroop, 730gr botter, 1 blik kondensmelk , 3 kop suiker. Room suiker, botter en kondensmelk. Voeg droe bestandele by behalwe koeksoda - meng koeksoda met kwart kop melk en voeg by - as jy sien die deeg is te slap voeg nog 1 kop meel by - Rol uit en druk vormpies. Bak in oond by 180 grade tot gaar. 8. KLAPPER MAKROLLETJIES: (Soentjie koekies) 1 blik kondensmelk - 5 ml vanilje - 500 ml klapper - meng alles - skep klontjies op bakplaat - bak vir 10 min - haal uit en laat afkoel. Ek deel my beslag in 2 – een helfte maak ek gewoonweg, en by die ander helfte gooi ek so ‘n teelelpel of 2 kakao. 9. OATS KOEKIES: 2 k meel 4 k oats 2 k klapper 2 k suiker 250 g margarien 3 t stroop 2 t koeksoda Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt). Voeg koeksoda by. Meng die droë bestanddele saam. Gooi stroop by droë bestanddele. Gooi in n oondpan en druk vas. Bak vir ± 10 - 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik. 10. WIELIE WALIE KOEKIES: 1 kop meel 1/4kop vlapoeier 1/2 kop botter 1/4 kop versiersuiker Meng alles - vorm koekies en bak by 200grade tot gaar. 11. OUTYDSE SOETKOEKIES: Bestanddele: 250g botter, 6 x 250ml koekmeel, 625ml suiker, knyp sout, 15ml koeksoda, 20ml kremetart, 3 eiers, 250ml melk. Metode: Vryf botter in meel. Voeg suiker, sout, koeksoda en kremetart by. Klits eiers en melk en voeg by. Rol uit en druk koekies. Pak op gesmeer bakplaat. Bak 15min by 180. 12. Sjokoladesplinter-Koekies: Ons almal ken hierdie een as ’n chocolate chip cookie (sowat 20 koekies) 125 g (135 ml) botter 100 g (125 ml) suiker 100 g (125 ml) bruinsuiker 2 ml vanieljegeursel 1 eier, effens geklits 184 g (330 ml) bruismeel 1 ml sout 125 g sjokoladesplinters 60 g okkerneute, grofgekap Verhit jou oond tot 180 ºC. Room die botter en albei suikers met jou elektriese menger saam tot lig en romerig. Gooi die vanieljegeursel by en meng. Voeg die geklitste eier geleidelik by en klits goed ná elke byvoeging. Sif die bruismeel en sout saam. Voeg dit by die suikermengsel. Voeg die sjokolade-splinters en okkerneute by en meng goed. Skep teelepelsvol van die mengsel en vorm in balletjies. Plaas balletjies op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en goed gesmeer is, sowat 5 cm van mekaar. Bak vir 15 – 20 minute.
Posted on: Tue, 22 Oct 2013 10:20:06 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015