17. Wat se resep is dit. 1 kg sopbene 500 g stowebeesvleis, in - TopicsExpress



          

17. Wat se resep is dit. 1 kg sopbene 500 g stowebeesvleis, in klein blokkies gesny 3 uie, fyn gekap 5 wortels, gekap 6 selderystele, gesnipper 2 lourierblare Handvol vars pietersielie, fyn gekap 4 liter water Sout en peper na smaak 1 x 410 g blik gekapte tamaties 250 ml (1 k) gort 10 ml (2 t) suiker Ekstra vars pietersielie en fyn gerasperde suurlemoenskil, om af te rond Verhit die bene, vleis, uie, die helfte van die wortels, die helfte van die seldery, lourierblare, pietersielie, water en ’n bietjie sout en peper saamin ’n groot kastrol tot kookpunt. Bedekenprut stadig vir sowat drie uur, of tot die vleis sag is. Verwyder die bene en sit die vleis terug in die pot. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir sowat een uur, of tot die gort lekker sag is. Geur na smaak. (Voeg ekstra water of ’n bietjie vleisaftreksel by as die sop te veel afkook.) Lewer 10 porsies.
Posted on: Sun, 22 Sep 2013 21:42:49 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015