1Pe 2:4 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel - TopicsExpress



          

1Pe 2:4 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; Ja Hy, Jesus, was deur mense verwerp. Ek het al baie probeer dink hoe moes dit vir Jesus gevoel het om op aarde te loop tussen Sy skepsels, maar hulle wou niks regtig met Hom te doen he nie. Ja, daar was n paar wat Hom gevolg het en wat in Hom geglo het, maar Sy eie priesters het Hom oorhandig om gekruisig te word. Sy eie volk wou Hom nie tussen hulle he nie. Ek kan net dink hoe dit sou moes voel as my eie kind niks met my te doen wil he nie. Ek dink nie daar is groot genoeg damme om die trane op te vang wat oor my wange sou vloei nie. Maar Hy was hulle maker, Hy het elkeen geformeer presies soos Hy hulle wou he. Elkeen uniek. Hy wou daai spesiale verhouding met hulle gehad het. Maar hulle het Hom gekruisig. In hulle oë was Hy n vernedering, n las, en iemand wat gekom het om hulle mag te steel. Ja, dis waaroor dit gegaan het. Die skrifgeleerdes het n groot mag gehad, selfs om mense te stenig as hulle gesondig het volgens die wet. (Ek kan net dink waste “scaly deals”die skrifgeleerdes gedoen het as mense hulle probeer omkoop het om hul lewens te spaar.) Maar Hy wat wat deur Sy eie volk verwerp is, is vir God kosbaar. En dis na Hom wat petrus se ons moet gaan. As jy Hom volg, sal die wêreld jou haat, net soos hulle Hom gehaat het, maar jy sal vir God kosbaar wees. Dis nie n maklike keuse om te maak nie. Dink daaraan, n lewe op aarde vol van verwerping en seer omdat die wêreld jou nie sal aanvaar nie. (Dis nou as jy Jesus werklik volg.) En n ewigheid in vrede saam met God. ///OF/// N lewe op aarde van prêt en sukses, en in die hiernamaals, n ewige hartseer oor verkeerde keuses. Hy is vir God kosbaar. As jy Hom volg, sal jy vir God ook kosbaar wees.
Posted on: Fri, 20 Sep 2013 04:24:48 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015