Aandag: Adv kommissielede Hallo julle almal Ek vertel julle baie - TopicsExpress



          

Aandag: Adv kommissielede Hallo julle almal Ek vertel julle baie graag van die wonderlike dag wat ons op Sondag 18 Augustus 2013 by die Gemeente Zuurfontein in Kemptonpark gehad het. Hans Janse van Rensburg en Ds. Hannes Janse van Rensburg het ’n armoedeverligtings projek geloods. Hulle het letterlik hulle Kerkgebou met saal en klasse en alles gebou met blikkieskos en ander kosse en skoonmaakmiddels wat hulle ingesamel het! Hulle mikpunt was iets soos 1500 items. Hans moet ons reghelp maar ek dink hulle het hier net onder die 4000 items ingesamel! Voorwaar fantasties! Andries Pretorius, ek en my man Kiewiet, Jacques Roos, Hans natuurlik en Mac en Bettie van Zyl was daar gewees. Was dit heerlik! Ds. Hannes het sy hele preek aan Barmhartigheid gewy. Verskeie instansies en skole met behoeftes was ook teenwoordig en hulle kon ná die diens gaan sê waar hulle behoeftes die grootste is en die gemeente sal nou gedurende die volgende week die voorraad by die onderskeie instansies gaan aflewer. Baie baie geluk aan Ds. Hannes, Hans en die Gemeente van Zuurfontein! Julle het werklik die boodskap van Barmhartigheid reg verstaan en daarop gereageer! Hierdie aksie moet asseblief momentum kry! 2 ander gemeentes het reeds aangedui dat hulle dieselfde gaan doen! Dit was vir ons almal ’n groot voorreg om deel te gewees het van julle aksie. (Dankie, ook vir die lekker tee en koekies! Het dit baie geniet!) Baie groete en ’n heerlike week vir julle almal. Liefde Elmien
Posted on: Mon, 19 Aug 2013 02:40:41 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015