Alleen Liefde © Sonja Karen Pitzer 29.09.2013 Hoe sterk moet die - TopicsExpress



          

Alleen Liefde © Sonja Karen Pitzer 29.09.2013 Hoe sterk moet die mens wees Om nie alleenheid te vrees Wanneer nuwe trane wat blink Om ‘n hoekie vir jou wink Oor jou gedagtes soek jy beheer Oorweldigend die verlange en seer En tog is daar ook intense vrede Selfs vir dit is daar ‘n rede Jy weet dit is jou hart wat klop Maak nie saak hoe jy daarteen skop Jy weet so uniek soos die see se branders In jou hart is daar plek vir niemand anders Jy weet daar is keuses wat jy moet maak Dis ‘n tere saak wat jou so diep raak Soos die gedagte aan ‘n tere soen Wil jy nie van jou liefde afstand doen Jy weet jy het baie om te wys Jou hart is warm en nie van ys Jy besef God het vir jou ‘n doel Toe vrede oor jou liggaam spoel Jou liefde is ‘n ernorme geskenk Aan een wese, moedeloos, gekrenk God is besig om jou liefde te gebruik Om die vyand in sy bewegings te fnuik Jou liefde is bedoel vir daardie een Want God het jou vir hom geleen Om sigbaar Sy liefde aan hom te gee Jy het vrede in die wete, God stap saam, tree vir tree
Posted on: Sun, 29 Sep 2013 10:15:11 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015