Antoinette Webby Vooraanstaande sielkundige sê Liberalisme is - TopicsExpress



          

Antoinette Webby Vooraanstaande sielkundige sê Liberalisme is ‘n Afwyking. April 29, 2013 - Buitelandse nuus - ‘n Vooraanstaande sielkundige het tot die gevolgtrekking gekom dat liberaliste kranksinnig is en die ideologie van liberalisme as ‘n geestelike afwyking gediagnoseer. Net toe liberaliste trots op hulleself begin voel het, het ‘n vooraanstaande sielkundige, dr. Lyle Rossiter die stelling gemaak dat die ideologie wat hulle aanhang as ‘n gevaarlike afwyking getipeer kan word. “Gebaseer op totale irrasionele geloof- en emosionele sisteme, ondermyn moderne liberaliste die belangrikste beginsels waarop ons vryheid gevind is,” sê hy in sy boek: The Liberal Mind: The Psychological Causes of Political Madness: Hy sê dat liberaliste is soos woedende kinders wat teen alle normale verantwoordelik hede van volwassenheid rebelleer en eis dat ‘n vaderlike regering in al hulle behoeftes van geboorte tot die graf moet voorsien. Dit is eienskappe wat die konserwatiewe vleuel lankal raakgesien het. Dr. Rossiter egter beskik oor die professionele kwalifikasies en het ‘n lewe vry van enige vorm “regse” aktivisme gelei. Rossiter, ‘n kliniese en forensiese psigiater met 35 jaar ondervinding sê dat die liberalisme wat deur Obama en die Clintons geopenbaar word, slegs as sielkundige disfunksie verstaan kan word. “‘n Sosiale wetenskaplike wat die menslike natuur verstaan sal nie die noodsaaklike rol van vrye keuses, vrywillige samewerking en morele integriteit negeer nie – soos wat liberaliste maklik doen,” sê hy. ‘n Politieke leier wat begrip het vir mense sal nie die verskille in talente, dryfkrag en werksetiek ignoreer en dan ekonomiese en sosiale gelykheid op die bevolking afdwing – soos wat liberaliste doen nie. En ‘n wetgewer wat begrip vir sy mense het sal nie wette en reëls maak wat die bevolking oor-reguleer, oor-takseer en sodoende hulle karakter verwring en hulle na voogdyskap van die staat laat daal nie. Volgens hom teer die liberale agenda op swakhede en die gevoel van minderwaardigheid by mense deur: * ‘n slagoffer persepsie te skep en te versterk; * die bevrediging van infantiele eise vir behoeftes, bevrediging en vergoeding; * te teer op primitiewe gevoelens van jaloesie; * die verwerping van die soewereiniteit van die individu deur alles omtrent hom onderhawig aan die wil van die regering te maak. Volgens hom is die wortel van liberalisme en die gepaardgaande kranksinnigheid daarvan in die ontwikkeling van die kind. “Wanneer die moderne liberale kla oor denkbeeldige slagoffers, in woede reageer teenoor denkbeeldige skurke en bowe alles probeer om beheer van mense te neem wat self in staat is om dit te doen, is die liberalis as versteurde neuroot op sy sigbaarste,” sê hy.
Posted on: Mon, 29 Jul 2013 15:59:20 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015