As die son sak dan haal jy die masker af tref jou kop die kussing - TopicsExpress



          

As die son sak dan haal jy die masker af tref jou kop die kussing breuk jou brose liggaam ...masker dra jy en jy speel die verhoogstuk wat geskryf is voor jy uit om die gehoor wat op jou klimaks wag te bekoor maar wanneer die hart te stukkend en aam skerwe le by jou voete trek jy die masker harder aan jou gesig vas sodat die trane weg kruip agter donker kuile in jou oe. Slip een traan souterig af met die vorm van jou wang tot n souterige einde op jou lippe en volg daar meer wat stroom na jou skoot is jy n swakkeling en sal die af kyk met na gemaakte simpatie en dit onthou om jou verder skop terwyl jy le ...herhinneringe doen dit aan my , my masker gly want ek kan nie meer nie ...my masker gly deur opgegaarde woorde in my kop woede bars uit my bors soos ek my regte ma haat vir die lewe wat sy ons ontneem het en in simpatie kry ek haar jammer vir alleen loop sy deur die lewe met vrae wat sy ons mee gelos het bitter seer die dag wat sy n man bo ons meisiekinders gekies het en vandag het lewe ons so hard teen haar pleite gemaak ons kies n man bo haar n man waar voor ek die mees innigste liefde het voor ons pa die man wat sy laaste bloed laat tap het om ons veilige en gelukkig weer terug in sy huis te he. Woede wat oor kook is al wat ek kan voel wanneer ek aan haar dink die vroumens wat lewens verwoes het ons verniel het terwyl ons haar keer op keer vergewe het , vergewe het ek gedoen maar vergeet kan ek nie, beste raad aan myself vergeet dat sy ooit bestaan het. Die genaaktheid van my masker dra ek om veel meer te bedek my gehoor verwag die spontane rooikop wat woelig en bekkig is, die opgedrewe nagmerrie wat jou bloed kan laat koud hardloop as ek my masker wegneem die wreedheid van leemte veroorsaak dit maar my gehoor sit en wag in spanning vir die teaterale opvoering maar wanneer die gordyn voor my neer sak woed ek uit tot n brose beweging van n spook...sentimenteel vul ek uit die verhoogstuk want ek weet as ek my masker af haal mag ek maar rus , mense verwag die valse waarheid maar met my masker gee ek hulle harde feite op my eie manier ...so dames en here in buiging vir my aplause dink oor julle eie maskers wat julle dra voor julle skepties na myne kyk
Posted on: Sat, 14 Sep 2013 15:38:34 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015