Begin met een vars dag soos dit uit God se spens uitkom sonder - TopicsExpress



          

Begin met een vars dag soos dit uit God se spens uitkom sonder haat, jaloesie of gister se bitterheid. Metode: Vul dit met twaalf dele geloof, elf dele geduld, tien dele moed, nege dele werk, agt dele hoop, sewe dele getrouheid, ses dele vrygewigheid, vyf dele vriendelikheid, en vier dele rus (dis soos sout op die slaai), drie dele gebed, twee knippies nadenke, en een deeltjie vasberadenheid. Voeg by ʼn knippie geestigheid, ʼn skeutjie pret, ʼn halwe knippie lawwigheid en ʼn opgehoopte koppie humor. Bak heeldag by ʼn gesellige temperatuur, versier met ʼn glimlag en vrolikheid en siedaar! ʼn Gelukkige dag.... *bella*
Posted on: Sat, 06 Jul 2013 06:40:11 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015