DIE BESKULDIGING Lees Openbaring 12: 10 – 12 “Die aanklaer - TopicsExpress



          

DIE BESKULDIGING Lees Openbaring 12: 10 – 12 “Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uitgegooi…hulle het self die oorwinning oor hom behaal, danksy die bloed van die Lam…” (10, 11). Terwyl Martin Luther ernstig siek was, het Sa­tan in sy kamer gekom. Dit kon ’n visi­oen­er­va­ring van Luther ge­wees het, want die duiwel was vir hom ’n groot werklikheid, of dit is ’n legende met `n goeie boodskap. Die verhaal illustreer ’n be­lang­rike geestelike waarheid wat elkeen van ons geld. Met ’n triomfantlike glimlag kyk Satan na hom en rol ’n boekrol, wat hy in sy hande hou, oop. ’n Lang geskrewe lys word tentoongestel. Met skok lees Lu­ther sy eie lang lys persoonlike sondes. Hardop sê hy. “Dis alles waar, maar een ding ontbreek! Die bloed van Jesus Chris­tus, die Seun van God, reinig van alle sonde.” Net toe hy dit sê, skraap Satan sy beskuldigende lys sondes by­me­kaar en verdwyn uit die kamer. Ons sielevyand kla ons ook gedurig aan oor son­­des wat ons al aan die Here bely het en wat die Here reeds vergewe het. Voor sy beskuldigings moet ons gedurig gelowig terugval, op die vergifnis wat ons deur die bloed van Christus ontvang het. In Sagaria 3 word ’n toneel van hierdie beskuldi­gende manier van die duiwel beskryf en hoe die Here ons kant kies: “Ek het die hoë­pries­ter Jesua voor die engel van die Here sien staan, en regs van hom het die Satan gestaan, besig om Jesua aan te kla. Die Here het vir die Satan gesê: ‘Ek sal jou straf, Satan…hierdie man is soos ’n stuk brand­hout wat uit die vuur gered is…’ Vir Jesua het die Here gesê: ‘Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek…’” (vv.1-5). “Here, vandag vertrou ek dat U my alles vergewe het.”
Posted on: Fri, 09 Aug 2013 04:50:42 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015