DIE BRANDWEER STASIE : deur Pieter Judeel Bertus het so pas - TopicsExpress



          

DIE BRANDWEER STASIE : deur Pieter Judeel Bertus het so pas aandiens gekom vir sy nagskof wat om 22h00 begin. Hy is n brandweer man met etlike jare ondervinding en het sommer dadelik sy seniors beindruk met sy manier van werk en sy pligsgetrouheid. Hy neem tans waar in n hoër pos as beheerkamer operateur. As gevolg van n personeel te kort was Bertus gevra om vir n onbepaalde tyd by n sekere brandweer stasie diens te gaan doen as beheerkamer operateur. Hy het die geleentheid aangegryp met die hoop op spoedige bevordering en aanstelling in hierdie pos. Vanaand is Bertus se eerste aand wat hy man alleen die beheerkamer beman. Al die manne verkeer rustig in hulle slaap kwartieres en die wat aandiens is wag geduldig en gereed vir enige noodgeval. Die groot muur horlosie wys die tyd net so skuins na 23h50. Bertus het net reg geskuif met n beker koffie toe hy n beweging gewaar deur die beheerkamer se venster wat op die lang bree gang van die stasie uitkyk. Verbaas staan hy op want hy weet daar is geen ander persoon in die stasie gebou as net hy self nie. Hy plaas sy beker warm koffie op die lessenaar en dis net toe hy opstaan en omdraai dat ‘n lang blonde man met ‘n stasie hoof unieform en kentekens in die oop deur staan. Hy praat nie n woord nie. Kyk net stip na Bertus. Soos blits kom Bertus tot op aandag en salueer die langman. ( Brandweer Offisiere moet nes die weermag en polisie offisiere ook as teken van respek betoon ge salueer word. ) “ Is alles in orde hier ? “ vra die langman. Ja meneer sover geen probleme nie. Eks jammer meneer, ek was nie bewus daarvan dat hier n offisier op nagskof aandiens is nie. Omdat die langman half in die duisternis van die deur opening staan, kan Bertus nie mooi sy gesigs uitdrukking waarneem nie. “ Jy sal nog sien dat baie dinge hier anders is as by ander stasies se die langman. Meteens begin die telefoon skril lui en Bertus draai om – om dit te beantwoord.Met die omdraai slag vang Bertus se oog die horlosie wat nou op twee minute oor middernag staan. “ Brandweer goeie naand “ antwoord hy die telefoon. Hy luister maar Niemand praat nie. Net n kort klik geluid kom deur maar Niemand wat praat nie. Bertus plaas die foon se gehoorstuk terug op die mik en se so in die omdraai slag “ Niemand op die lyn nie meneer, ek wonder wie……..Bertus hou op praat want die langman staan nie meer in die deur nie. Hy kyk by die deur uit en op en af in die lang gang maar sien geen teken van die man nie. Skielik is daar die skrill geluid van die noodklok wat lui en kort daarna volg ‘n hewige geraas van brandweer waens wat met loeiende sirenes en skreeuende bande van die brandweer perseel af weg jaag. Bertus staan verbaas en rondkyk om hom. Skielik is die lang donker gang koud en doodstil Daar is geen geluid meer van die jaende brandweer waens nie. “ Wie sou die noodklok gelui het ? wonder Bertus. Wie het aan die manne enige inligting rakende ‘n noodgeval of ‘n adres deur gegee????????? Dis mos sy werk om dit te doen. Hy is immers tog die eerste persoon wat in kennis gestel moet word van enige voorval wat gebeur. Onwetend skud hy maar net sy kop. Terwyl hy so staan gewaar hy ‘n kort dikkerige man met ‘n blou poskantoor oorpak aan by ‘n deur ingaan. Askies meneer, kan ek u help? Vra Bertus. Nee als reg dankie, sê die man. Ek kom maak net die Chief se telefoon reg. Die kort mannetjie grynslag so effens en verdwyn in by die deur. Die res van Bertus se skof het verby gegaan sonder enige voorval .Hy weet nie watter tyd die Poskantoor man klaar gewerk het en daar weg is nie. Hy moet erken dat hy op een tydstip die nag so bietjie skuins gesit en weggeraak het. Hy kyk na die horlosie teen die muur. Dit is nou half ses. Wanneer kom die voertuie wat laasnag uit gejaag het dan terug ???????? wonder hy. En hoekom het Niemand dan nog kom terug rapporteer nie.???? Hy besluit om in die gang af te stap tot by die noodvoertuie se parkeer area, dan sal hy sommer die deure ook oopmaak vir die oggend skof se mense. Toe Bertus die deur oopmaak gaan hy verbaas staan. Daar is nie een enkele voertuig uit sy plek nie. Geen teken van n brand wat deur die nag geblus was nie. Alle voertuie skoon en netjies op hulle plekke. Goeie more kollega!!!!! Word hy vriendelik begroet. Aangename nag gehad? Vra Hannes Scheepers. Eehh ja dankie. Antwoord Bertus. Geen probleem gehad nie, behalwe……….. en hy vertel aan Hannes van wat gebeur het. Hannes luister wat Bertus hom vertel en begin te sug. Ai tog, begin dit alweer ? sê vra hy Begin wat alweer ? vra Bertus. Kom ons gaan sit buite dan vertel ek jou. Se Hannes. Toe hulle buite kom neem elkeen plaas op .n tuin stoel waarop Hannes toe begin vertel. Eerstens is daar GEEN Stasiehoof op die oomblik nie. Hy is lank reeds oorlede, en die een wat in sy plek aangestel was, het nie ‘n maand uit gehou nie. Blykbaar net weg geloop. Nie eers bedank nie. Die mense hou nie uit by die brandweer stasie as gevolg van hierdie dinge wat gebeur nie. Blykbaar het daar een nag 2 minute oor twaalf ‘n nood oproep gekom van ‘n vrou wat met die Brandweer stasiehoof ‘n verhouding aan die gang gehad het. Haar man wat ‘n telefoon tegnikus by die poskantoor was, het daarvan uitgevind en die huis met haar daarin aan die brand gesteek . Sy kon daarin slaag om die Stasie hoof self te bel. Terwyl die stasie hoof besig was om die beheerkamer te bel, het die vrou se man intussen Brandweerstasie toe gegaan, by die stasie hoof se slaap kwartier in gegaan en hom met ‘n telefoon koord verwurg nadat hy self die voertuie uit gestuur het. Die hoof wou net vir die man in die beheer kamer van die brand vertel toe sy telefoon skielik dood gedruk word en hy met die koord verwurg word. Elke jaar 10 Oktober om twee minute oor twaalf gebeur die dinge oor en oor, jaar vir jaar. DIE EINDE:
Posted on: Tue, 06 Aug 2013 04:37:15 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015