DIE GROOT PIRAMIDE – OORSPRONKLIK ‘N KRAGSENTRALE OF - TopicsExpress



          

DIE GROOT PIRAMIDE – OORSPRONKLIK ‘N KRAGSENTRALE OF HERLEISTASIE – DEEL II My rubrieke: “Die Groot Piramide in Egipte– ‘n Tameletjie vir die Geskiedenis” en “Geheime Alternatiewe Energie – Vlieënde Pierings en die Derde Ryk Deel I” vorm ‘n geheel. Sekere aspekte het ‘n verwantskap met mekaar en daar kan, indien sekere punte bymekaargebring kan word, ‘n duidelike draad daardeur loop waaruit ‘n sekere geheel gesien kan word. Die reaksie op dit wat ek reeds geskryf het noop dat mens maar moes aanpas by die uitleg en samestelling van die reeks. Die kommentare is getrou aan die gees van vandag, en die gees van die dag, is die produk van ‘teenreaksie’ op dit wat veronderstel was om te wees of kon gewees het. Sommige kommentaar kan gesien word as ‘premature tussenwerpsels’ en kan ook derhalwe parasiteer op die voordeel om in te sny op rede wat nog tussen begrippe hang en nog verbind of verder uitgelig moet word in opvolgende dele – dit is ‘opportunistiese redevoering’. Somtyds kan die ‘kleinwoord-jakkalsies’ mens beweeg om die pylvak ‘n rondte verder eers aan te durf... Daarom gaan ek met nabetragting, ‘n paar toevoerende aspekte uitlig voordat ek op die moontlikheid van die “Kragsentrale” aspek ingaan... Die basis van die reaksie op dit waarheen ek op pad is, is gesetel in die teen beskouing dat die Egiptenare van 2500 VC inderdaad wel die piramide kon gebou het, en die reaksies voeg daartoe by dat ek my ontleen aan “wetenskapsfiksie” met ‘n “sameswering teorie” waarop ek afdryf. Die konnotasie wat ek inbring, met die verwantskap tussen die kennis oor hierdie dinge, en die tegnologiese prestasies van Nazi Duitsland onder Hitler, is vir almal ‘n ernstige doring in die vlees - Hoe durf ek die Arabiere afkraak – hulle is edel mense en lankal al uiters vêr ontwikkel – hulle is dan die bouers van die piramide, want “...Hitler se moer” skryf een sommer direk aan my. Ek sal daardie draad wat ek met feite wou deur trek maar opsy skuif en dit los vir andere wie se vertering stelsel gereed is vir vaste spyse! Ons weet dat die Groot Piramides nie grafkelders was nie. Ons weet ook dat die ortodokse Egiptoloë by die grafkelder teorie vasgesteek het, en dat openbare mening en geskrewe geskiedenis met die gedagte gewoeker het en aan hierdie rasionaal vasklou, en daarop voortgebou het. Maar hoe erg daar ook al na dié grashalms van hoop gegryp word dat die Egiptenare van sowat 2500 jaar gelede die piramide gebou het met die miljoene ‘hande’ wat daar beskikbaar was, bly daar die onherroeplike feit dat wetenskaplikes, argeoloë en paleontoloë wat ander moontlikhede ondersoek en nagevors het bestaan, met hulle ‘moontlikhede’ wat serk gerugsteun word deur verskeie bedingbare velde wat na mekaar gebring word deur tasbare ontdekkings wat inmekaarvloei om ‘n geheel mee te bring. ‘n Geheel wat meer waarskynlik is as dat die piramide gebou kon gewees het met gereedskap wat tegnologies beswaarlik verder verbeter was as die van die steen tydperk. Nuutste ontdekkings wat gemaak word deur argeoloë en wetenskaplikes het bevind dat die piramides baie ouer is as wat daar ortodoks beweer word. Dat die Sfinks en die Piramide nader aan 15,000 jaar oud is, as die 2500 VC wat weergee word. Dit plaas die Piramide in ‘n tydperk wat baie vêr verwyder is van die tyd van die Egiptenare - van die tyd waarom die ortodokse denkers vasgebrand het. Hierdie ontdekkings laat die waarskynlikheid skaal swaar kantel na alternatiewe moontlikhede. Indien die Piramide dan deur ‘n ander hoër intelligentsia gebou is, of die bou daarvan onder die toesig van ‘n ander hoër intelligentsia gedoen is; dan was die Egiptenare van die tyd eerder in diens van die intelligentsia, en was die omliggende woonplekke eerder barakke vir werkers, soos die wat die Zulu mynwerkers van Kwazulu Natal in Johannesburg huisves, of so iets dergeliks. Wanneer die tasbare legkaart stukke bymekaargebring word val die waarskynlikheid definitief meer oor na laasgenoemde moontlikheid. Soos byvoorbeeld die ongewone kaart wat in 1929 deur ‘n span geskiedkundiges ontdek is. Die kaart is op ‘n gasel (wildsbok) vel geteken, en toe die geskiedkundiges wat dit ontdek het verdere navorsing doen is daar gevind dat die kaart in 1513 deur Piri Reis geteken is. Piri Reis was ‘n baie bekende sestiende eeuse Admiraal van die Turkse vloot. Die merkwaardigheid van die kaart le daarin dat dit die Noordpool se grondvlak aandui met die presiese kuslyn, berg gedeeltes en riviere; dit alles met lengtegrade en breedtegrade. Piri Reis het aangeteken dat hy die kaart saamgestel het van kaarte af waarvan sommige terugdateer tot 4000 VC. Seismografiese en diepte boortoetse wat argeologies en geografies gedoen is, bevestig die posisies van die riviere en kontoere onder die ys van die Noordpool. Die kaart wat die grond gedeelte onder die ys aanwys kon slegs uit die lug geteken gewees het in die tyd toe daar nie ys was nie, en dit is ongeveer 15,000 jaar gelede! Die lengtegrade en breedtegrade dui ook aan dat hulle bewus daarvan was dat die Aarde rond en nie plat was nie! Hierdie wetenskaplike jaarbepalings laat ‘n tyd-draad deur die Piramide, die Sfinks, Stonehenge en bykans al die ander piramides en megaliete op aarde sny. Dit wil baie sterk voorkom as dat die bouers van al die genoemde ongewone en raaiselagtige ‘monumente’, in dieselfde tyd gebou is en dat daar ‘n gemeenskaplike doel daaragter was. Verder is die piramide gebou volgens wiskundige konsepte wat veel later as 2500 VC eers ontdek is. die geografiese oriëntering van die piramide ontleen dit aan hoogs ontwikkelde maatstawwe. Die sye is presies op die vier windrigtings ingestel, en indien ‘n loodregte lyn van die Noordelike sy getrek word, wyk dit slegs twee grade af van die noordpunt op die noordpool. By moderne ingenieur tegnologie word daar voorsiening gemaak dat ‘n groot konstruksie sowat ses duim kan sak in 100 jaar. Die ‘Empire State Building’ in Amerika het byvoorbeeld vyf duim gesak in die afgelope 200 jaar. Die piramide wat 14 biljoen pond weeg het ‘n halfduim gesak in die minimum geskatte 5000 jaar waarvan die Egiptoloë praat. Wat nog as die ander 10,000 jaar plus bygetel word. En so behoort die ortodokse teorie vir die ontstaan van die Piramide baie maklik te wees om te bewys. Die Egiptoloë het dan alles tot hul beskikking. Die piramide staan tasbaar op die plek waar dit oorspronklik gebou is, en die mense wat dit volgens hulle gebou het was van die nabye omgewing. Wat in die wêreld is hulle probleem? Die Piramide staan spreekwoordelik vir hulle op ‘n skinkbord, Arabiese southappies, doop sousies en al. Tog kan nie een van die teorieë wat hulle voorhou tot nou toe bewys word nie. Kan dit moontlik wees? Kan dit moontlik wees dat die gereedskap van 2500 VC van die aardbol verdwyn het terwyl argeoloë gereedskap elders uithaal wat honderdduisende jare oud is. Maar, hou hulle vol: “die piramide was ‘n grafkelder. Daar is dan baie grafte en mummies in die nabye omgewing van die piramide gevind.” As dit een van die hoofredes is waarom dit as ‘n grafkelder gesien moet word, dan kan mens tereg vra of ons derhalwe die Katedraal van Rotterdam ook as ‘n grafkelder moet sien - omdat dit langs ‘n begraafplaas gebou is? Ek woon in ‘n plattelandse dorpie naby Pretoria waar daar ou geskiedkundige sandsteen geboue staan wat deur die Italiaanse krygsgevangenes van die Tweede Wêreldoorlog gedurende 1942 – 1945 gebou is. Hierdie is geskiedkundige geboue... moet ek nou aanneem dat die swartes wat hul plakkersdorpe daarnaas opgerig het, die sandsteen strukture gebou het? Gaan argeoloë oor ‘n paar honderd jaar van nou kan aanvoer dat die plakkers die bouers van die geboue was omdat oorblyfsels van hul ‘dorpies’ daarnaas gevind is? Die Piramide is kwansuis gedurende die vierde dinastie gebou. Die Egiptenare van die Vierde Dinastie was hoegenaamd nie ‘n formidabele militêre koninkryk nie, nog minder was hulle ‘n koninkryk met genoegsame getalle werkers. Vandaar die verduideliking dat die landbouers gedurende die reënvloede moes bou, en daarom het die Egiptoloë geen ander keuse as die ‘onmoontlike’ 20 jaar waarin dit derhalwe gebou moes gewees het. Daar was daardie tyd nie genoeg potensiële slawe in ‘n radius van 5000 myl gewees nie. Maar Khufu, moet ten alle kostes die bouer wees... Dr. Mark Lehner, Professor in Egiptiese Argeologie verwys na die ‘graffiti’ op die blokke bokant die sogenaamde grafkamer in die piramide gevind is – dit is eers heel gerieflik in 1937 ontdek, toe ander teorieë bekyk word, veral toe die Duitsers se belangstelling bekendraak, en dit verwys na “Khufu” juig die Egiptoloë. Maar verdere in diepte navorsing het gevind dat die graffiti in Mei 1838 gedoen is: toe ‘n getuie gesien het hoedat die ortodokse argeoloog Dr. Hill die graffiti met rooi verf aangebring het. Die getuie, Mnr. Graham het beswaar aangeteken en is dadelik deur Dr. Hill afgedank en weggestuur uit Egipte. Hierdie bewering word bevestig omdat Dr. Hill die Koninklike naam verkeerd gespel het. In stede daarvan dat hy in hiërogliewe taal ‘Kgufu’ geskryf het, het hy ‘Raufu’ geskryf. Die Egiptenare wat nougeset en akkuraat aangeteken het soos wat hulle werklike hiërogliewe bewys, sou nooit as te nimmer hul Faro Khufu, wat hulle as ‘n God beskou het, se naam verkeerd spel by sy laaste goddelike rusplek nie. Dr. Aidan Dodson, van die Bristolse Universiteit, en een van die ortodokses se voorste spreekbuise sê hulle teorie is gebaseer op die teenwoordigheid van die Barakke, grafte, rotstekeninge waarop argitekte aangetoon word, en die gebruik van sandhellings, die baie hande ens – “oor die detail van die metodiek is hy nie heeltemal seker nie” maar, “die breë prentjie is daar...” voeg hy oortuig by... Hy kon na my mening eerder gesê het die “Gerieflike” prentjie is daar. Daar is twee teorieë wat vandag nog as feite aan alle kinders in skole dwarsoor die wêreld geleer word: (1) Die prinsiep dat die tonne rotsblokke teen opgehoopte sandhellings opgesleep is waarvan die helling gestyg het soos wat die piramide hoër gebou is. Dit sou in effek beteken het dat die helling niks minder as ‘n myl lank moes wees van al vierkante van die piramide af uit. Die hellings sou op sigself bykans meer inspanning geverg het as die piramide self. Erger nog, wat het hulle met die honderde duisende tonne bourommel gemaak? Die ander populêre teorie. 2) En, dat die rotsblokke op boomstompe as rollers getrek is. Wat hierdie Egiptoloë gerieflikheidshalwe verswyg, is dat die enigste bome wat in ‘die Egipte van die piramide’ gevind kan word, dadelpalms is. Om genoeg werklike stompe vir die werk in te voer, sou meer skeepvaart verg as wat die Egiptenare in hul ganse bestaan ooit besit het. Hulle sou 25 miljoen boomstompe benodig het. Dit sou met die tonne gewig van die rotsblokke onmoontlik gewees het om die stompe ordentlik te laat rol oor gebreekte klipagtige oppervlaktes, om nie te praat van gewone woestynsand waarin dit sou wegsak. Om nie eens te praat van die praktiese motoriese aksies wat die duisende mense moes uitvoer om met stompe (almal presies ewe dik gerond, en elk amper tonne weeg) om te hardloop na die voorkant om weer dit weer daar mooi te plaas. As soveel van die mense met toue aan die enorme rotsblokke sleep na die bokant van die piramide, en die voorstes kom aan die bokant, waar gaan hulle heen, want die rots is nog baie ver van bo af? Hoe nader aan bo hoe minder mense is daar om te trek. Hierdie het niks met wetenskapsfiksie te doen nie – dit is algemene praktiese kennis wat by ‘n gewone konstruksiewerker ingewortel is laat alleen ‘n argitek! Mark Antony, die Romeinse afgevaardigde het aangeteken dat die piramide geskitter het toe hulle dit die eerste keer van 100 kilometer ver af in 44 VC gewaar. Dit was die ‘bekleedsel’ van die piramide, die wit kalksteen omhulsel wat uit 115,000 gepoleerde kalksteen blokke bestaan het wat elk etlike ton geweeg het en met ‘n toleransie van 1/2000ste van ‘n duim vasgesit is wat die piramide so asemrowend laat skitter het. Nie eens ‘n skeermeslemmetjie kan tussen twee ingedruk word nie. Maar, vandag skitter die piramide in al sy grootheid nie meer nie. In die 14 de eeu is die kalksteen blokke uitgekap en afgestroop deur die Egiptenare om die aanvanklike gedeeltes van die stad Kairo mee te bou. Die Arabiere is inderdaad nie bouers van enige iets hoër as ‘n dubbelverdieping sandsteen gebou nie – hulle breek af – hulle bou met die nagelate boustene van ander meer gevorderde beskawings. Kyk maar vandag ook word plakkershutte gebou met die sinkplate wat van ons bouvalle of elders gestroop word. So, daar is heeltemal te veel voldonge feite wat die mens noop om wyer te kyk as die gerieflike formules om plakkers, bouers te verklaar. Die ‘kragsentrale deur ander mense’ is baie meer moontlik as wat Abdulla ‘n bouer kan wees... Kom ons kyk bietjie wyer.
Posted on: Tue, 19 Nov 2013 03:15:26 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015