DONDERDAG - TopicsExpress



          

DONDERDAG 26 September Die groot stryd beëindig Die hele boek van Openbaring kan in net ʼn paar woorde opgesom word: Jesus wen, Satan verloor. Lees Openbaring 12:17, 17:13, 14, 19:11-16. Wat is die sentrale boodskap in hierdie gedeeltes? Hier is goeie nuus: Dieselfde Jesus wat Satan aan die kruis verslaan het, sal weer kom en oorwin oor die magte van die hel en ʼn totale einde bring aan boosheid (Openbaring 19:19-21, Esegiël 28:18, 19). Boosheid sal nie die laaste sê hê nie. Armoede en pestilensie sal nie die laaste sê hê nie. Siekte en lyding sal nie die laaste sê hê nie. Chaos en misdaad sal nie die laaste sê hê nie. Siekte en die dood sal nie die laaste sê hê nie. In plaas daarvan, sal God die laaste sê hê. Tot dan, doen die Vader, Seun en Heilige Gees alles moontlik om elke mens te bereik. God se hart is seer oor ʼn verlore wêreld. Binnekort sal Sy mense, beide in die getuienis van hul woorde en dade, aan die wêreld Jesus se verbasende genade en waarheid openbaar. Natuurlik sal Satan alles in sy vermoë doen om hierdie getuienis teen te staan. Die finale krisis sal oor die wêreld aanbreek. Jesus sal Sy Gees uitstort in die laat reën-krag, en die werk van God op aarde sal afgehandel word. “Dienaars van God, met hul gesigte verlig en skynend met heilige toewyding, sal haastig van plek tot plek die boodskap van die hemel verkondig. Deur duisende stemme regoor die wêreld sal die waarskuwing gegee word. Wonderwerke sal plaasvind, siekes sal gesond word en tekens en wonders sal die gelowiges vergesel.” − Ellen G. White, The Great Controversy, bl. 612. Die werk van God op aarde sal afgehandel word. Jesus sal kom. Die hemel en die aarde sal bly wees. Daar is geen belangriker prioriteit in ons lewe as om ʼn herlewing van God se genade daagliks in ons harte te ervaar nie en om Sy Heilige Gees uit te nooi om ons na Sy beeld te verander nie. (1 Johannes 3:1-3).
Posted on: Thu, 26 Sep 2013 06:07:55 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015