Dalk voel jy vandag vasgevang in jou dorre woestyn Die - TopicsExpress



          

Dalk voel jy vandag vasgevang in jou dorre woestyn Die herhinneringe is seer en pyn. Dalk voel jy vandag net moedeloos En stukkend en broos... Dalkies vra jy vandag Here, hoor U my? God hoor jou, en sê ons moet Hom glo en vertrou! Sien ... Dit is die gebroke mense wat kan getuig Van God se genesing en vervulling; Dit is die stukkende mens wat kan getuig Hoe God in Sy Almagtige genade en liefde weer als aanmekaar sit; Dit is die gebrokenes van hart wat kan getuig God is getrou! Dit is die mens wat se Here, neem oor, ek kan nie meer nie wat Hy optel en koester in Sy Liefde Dit is die eensame mens wat kan getuig Van God se nabyheid liefde en trou. Dit is die verstoteling wat kan getuig Van God se liefde en trou. Jy my kind, moet aan My vashou, Hou jou oë op My- Nie jou omstandighede nie!! God se liefde, Sy Almag is enorm, hou vas aan Sy Woord, Sy beloftes, Jesus is lief vir jou. Hy is jou Vader!♡ *Minnie*
Posted on: Sat, 02 Nov 2013 08:15:31 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015