Die Afrika-Unie se resolusie dat Afrika staatshoofde nie voor die - TopicsExpress



          

Die Afrika-Unie se resolusie dat Afrika staatshoofde nie voor die Internasionale Strafhof moet verskyn terwyl hulle aan bewind is nie, veroorsaak groot kommer by die Verenigde Nasies. Die resolusie, wat ná n buitengewone sesssie deur die AU die afgelope naweek bereik is, dui op vrywaring vir president Uhuru Kenyatta van Kenia, sy adjunk William Ruto, sowel as president Omar al-Bashir van Soedan, wat op verskeie aanklagte voor die Internasionale Strafhof tereg staan. Die Sekretaris-Generaal van die VN, Ban Ki Moon se woordvoerder, Martin Nesirky het beklemtoon dat Ban vas glo aan die Internasionale Strafhof se sentrale rol in die internasionale gemeenskap om verantwoordbaarheid te verseker en om strafloosheid te be-eindig. RSG
Posted on: Tue, 15 Oct 2013 07:15:24 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015