Die filmregte vir Jaco Jacobs se gewilde jeugboek, Suurlemoen! - TopicsExpress



          

Die filmregte vir Jaco Jacobs se gewilde jeugboek, Suurlemoen! ’n Storie oor rock, liefde en ’n tuinkabouter is onlangs toegeken. Niel van Deventer, wat onder meer as lynvervaardiger vir die rolprent, Stuur groete aan Mannetjies Roux. opgetree het en die kortfliek, Anderkant gister, geskryf en vervaardig het, sal as vervaardiger optree. Die roman is tot draaiboek verwerk deur Vickus Strijdom, wat onder meer regisseur en draaiboekskrywer van die hoog aangeskrewe Suid-Afrikaanse rolprent, Zama Zama, was. Die vervaardigers beplan om in Februarie 2014 met verfilming te begin. Die meeste tonele sal by die Hoërskool Helpmekaar in Johannesburg geskiet word, asook in voorstede soos Linden en Greenside. Sluit aan by die Facebook-groep Suurlemoen! Die Film om op die hoogte te bly van nuus en gebeure rondom die rolprent: on.fb.me/1hSksM7
Posted on: Mon, 11 Nov 2013 07:43:04 +0000

Trending Topics



re-topic-1147876638684289">InfoPortal Arad, România - arad.org.ro Informații utile despre:
Another round of applause for longtime SCA national partner
The difference between direct & indirect knowledge ...... A
Jack Morris 92, 93 WS Champs Autographed Baseball (JSA). Find

Recently Viewed Topics




© 2015