Die lied: Ek Wil Gereed Wees se teks en musiek deur Stass en - TopicsExpress



          

Die lied: Ek Wil Gereed Wees se teks en musiek deur Stass en Elanie van Veuren is geïnspireer deur Mattheus 25:1-12. “Ek wil gereed wees vir die Een wat kom Ek wil gereed wees vir die Bruidegom Ek wil gereed wees as Jesus my kom haal Ek wil gereed wees vir Sy koninkryk as Hy my wil gebruik Ek wil gereed wees om op te staan Vir Sy koninkryk, vir Sy heiligheid, vir Sy grote Naam Kom vorm my net soos U wil Kom reinig my in die vuuroond van U heiligheid Kom vorm my net soos U wil Want ek wil gereed wees as Jesus kom” Hierdie is die woorde wat ek myne gemaak het nadat ek dit die heel eerste keer gehoor het. Ek het dadelik geweet ek wil ook gereed wees wanneer Jesus kom. Ek het Psalm 42:2 gebid: “soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God”. Ek het besef ek moet staan op God se beloftes wat daar is vir my en vir jou! “ Om U wil te doen, my God, is my een begeerte, U woord is my hele lewe” (Psalm 40:9). As ek gereed wil wees, moet ek Efesiërs 6:10 – 12 ter harte neem: “Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.” Dankbaarheid moet my vul met die wete dat my krag in die Here is! Met die volle wapenrusting wat God my gee, wie kan teen my wees? Ek kan net gereed wees.... Gebed: (Psalm 38:16) Ek vertrou op U, Here, U sal antwoord, Here my God. Dankie dat ons kan saamsing: Ek wil gereed wees as Jesus kom! Vorm my net soos U wil, maak my gereed en leer my van U woord. Ons bid dit in Jesus Naam. Amen
Posted on: Thu, 31 Oct 2013 04:26:02 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015