Die seun gaan kuier by sy oupa op die plaas en hy sien sy oupa - TopicsExpress



          

Die seun gaan kuier by sy oupa op die plaas en hy sien sy oupa gaan elke oggend lees hy Bybel en bid. Naderhand begin die seuntjie dit ook doen...na n hele paar dae vra die seuntjie sy oupa "Oupa,hoekom bid oupa elke dag,maar daar gebeur niks nie? Die oupa sê toe vir die seuntjie:"Sien jy daardie streepsak wat daar lê,vat hom gou onder na die rivier,maak hom vol en bring hom hierheen. Die seuntjie hardloop toe,maak hom vol en voor hy by oupa kom is hy leeg! Oupa sê toe weer hardloop en maak weer vol...dieselfde gebeur..die seuntjie vra toe:"Wat is die nut dat ek dit doen as die water nie inbly nie? Sy oupa sê toe:" My seun,toe jy die streepsak gevat het was hy baie vuil... Kyk nou hoe skoon is hy!!! Dit mag dalk nie vir jou voel dat jy êrens kom terwyl jy so aanhou bid nie,maar tog is die Heilige Gees besig om jou van binne af skoon te maak...Moenie opgee nie God werk in jou lewe.
Posted on: Sat, 28 Sep 2013 17:04:18 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015