Die skurf om die volk se neus. Ek wil graag ´n boodskap stuur - TopicsExpress



          

Die skurf om die volk se neus. Ek wil graag ´n boodskap stuur aan alle mense wat af mou Powerhouse t-shirts like en fake Buffalo´s met vyf sentimeter sole dra. Wat fur op die dash het en blou neon ligte onder hul motors vasmaak met Sellotape. Vir al die mense wat hul Bump cd’s van hul truspieëltjies hang en Poena se ATS-chemicals advertensie kwaai smaak. Aan die mense wat albums koop met die woord ¨pomp¨ op die omslag en hulle borshare soos platgetrapte Kersfees boompies met goue skeep kettings versier; My volk, my volk, wat de fok is fout met jou. Het die penetrasie deur ander volkere jou in die semels gewerp waar die varke jou nou vreet? Het Sasol se dampe jou saad vergiftig en die lob in jou brein wat smaak beheer laat verrimpel soos ´n baba Kangaroe se balsak? Ek verstaan nie hoe het ´n groot deel van my eie volk, my wortels, my skakel tot ´n verlede van triomf ten spyte van ´n oormag laste, so verval het in ´n plebe-bestaan wat grens aan suiwer kretinisme nie. Hoe kan my eie mense toelaat dat die insig wekkende geknetter van ´n Bosveldvuur dood gedonder word deur die geklap van silinders deur ´n kanonloop uitlaatpyp? Hoekom is die woorde ¨vat die trein na Margate toe, nana na nanana,¨ vir hulle mooier as ¨die Sahara’s in jou oë en Atlantis in jou lyf ¨ en wie de fok is Guillaume, het hy ´n van? Is ontluikende Afrikaanse kunstenaars skaam vir hulle vanne? Waar het dít begin? Sal jy vir Mimi Coetzer sommer net so op haar naam noem; ¨hei Miems, tune my woef ek sê ?¨ Dis opvallend dat meeste mense wat die hele loopvlak van hulle bande in een naweek kan afhaal, lemoene op aerials vasmaak en hulle cherries moer, ´n bietjie aan die arm kant is. Júlle mense, neem asseblief die volgende ter harte; Seep is goedkoper as siegrets, net omdat jy arm is gee dit jou nie volmag om soos Springbok-pronk te ruik nie. Daar is geen verskoning vir vuilgat en slordig wees nie. As jy nie geld het nie, hou op spyker. Of gaan kliniek toe dat hulle jou lanseer-pype knoop. Kinders kos geld, as jy hulle nie kan ondersteun nie gaan jy hel toe omdat jy hulle nooit die geleenthede gebied het om hulle volle potensiaal te bereik nie. En vee die goed se snot af man donner, daai skurf op die bolip is nie normaal nie hoor. As julle so baie van karre weet hoekom maak julle dit nie ligter op petrol nie; minder petrol = minder geld ... hallooo !! Brood in jou maag is beter as alkohol in jou blaas. Om wodka te drink tot jy blind is daarvan was in st. 9 laas snaaks, jou cherrie smaak jou net meer as jy oor die meubels bliksem omdat sy óók gesuip is. ´n Lidmaatskap by ´n biblioteek is baie goedkoper as ´n maandelikse paaiement op biltong-chopper allooi-vellings (dis nou mags) vir jou Cortina. Dit kan ook nie gesteel of gekraak word nie. As julle nie eers geld het vir kakpapier nie, hoekom hou julle vyf honde, drie katte en twee budjies aan? Wat eet die arme goed? Dit maak my uiters die bliksem in as iemand kla oor hoë skoolgeld met ´n bottel brandewyn in die hand. Dis dieselfde mense wat eerder hulle karre sal tune of by die naaste skiewie kroeg sal sit en suip as om hulle kinders met huiswerk te help. Ek het ´n briljante plan vir sulke mense; Spyker, Ratchet, Stomp of wat ook al jou tong jou noem; Kom ons bou vir julle ´n dorpie en plant in elke voortuin ´n boom met ´n sterk dwars-tak waaraan jy elke Sondag jou enjin kan ophang. Ons bou ´n standbeeld van antie Stienie wat vir Bruce met ´n besem bliksem en die woorde: ¨Ek scheme ´n ou score nooit nie, life se rules maak jou te dronk¨ onderaan op ´n neon oranje plaatjie. Almal kan mullets kweek, hulle vrouens hoere noem en van tyd tot tyd goed moer. Julle kan vir dae lank nie bad nie en julle dikderms stukkie vir stukkie uitkak nadat die Cane en soda dit opgelos het. Daar kan julle mekaar elke aand met messe steek en met bar stoele gooi omdat iemand jou gespeck het. Dan bou ons ´n moerse muur om en kyk hoe lank julle vat om te versmoor van al die koolstofdioksied uit julle gedropte gevlerkte doef-masjiene. My liewe mense, ek pik nie op armes nie. Daar´s party arm mense wat meer klas het as super-rykes. Gebruik tog daardie kreatiwiteit waarmee julle kak soos; ¨score my ´n kaggel¨ en ¨stuur ´n pyl pit toe ¨ uitdink op ander gebiede. Kry kultuur. Julle maak alle Afrikaners se naam gat en dit maak my bietjies vir bietjies baie die bliksem in. Julle is ´n klein drol in die drinkwater van Afrikaans, maar julle stink die meeste. Klas en maniere is goedkoop en Furniture City kan dit nie kom terug vat nie. Geniet die naweek. Die Swart Kat
Posted on: Fri, 13 Sep 2013 17:02:50 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015