Die verkragtingsaak teen die voormalige tenniskampioen Bob Hewitt - TopicsExpress



          

Die verkragtingsaak teen die voormalige tenniskampioen Bob Hewitt word vandag in die landdroshof in Boksburg aan die Oos-Rand aangehoor. Die 73-jarige Hewitt wat 15 Grand Slam dubbelspeltitels verower het, word van verkragting en seksuele misbruik van drie jong meisies in die jare tagtig en negentig aangekla. Hy het vroeër die aantygings ontken. Hewitt, wat by Addo in die Oos-Kaap woon, ly aan verskeie gesondheidskwale en het nie in Augustus in die hof verskyn toe die saak die vorige keer voorgekom het nie. RSG
Posted on: Fri, 04 Oct 2013 09:06:24 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015