Dis n Gebed aan Al my Mede Mense . O Heer my God ek dank U vir - TopicsExpress



          

Dis n Gebed aan Al my Mede Mense . O Heer my God ek dank U vir al my wonderlike gawes Heer ek dank U dat U my so lief het om my uit te daag om ‘n sterk man te wees Here ek staan nederig voor U en vra dat U my gedagtes sal oop en helder hou, Herhinner my U het aan my die gawe gegee het om myself ten volle uit te druk ook dat U elke mens spesiaal gemaak het en konstant op ‘n spesiale manier vorm ek wil my doel in fokus hou omdat . dit my verantwoordelik is om my volle potensiaal vir U te bereik en te onderhou. ek doen dit as U my lei om gesonde asemhalings, spraak en denk gewoontes te beoefen, Heer ek dank U dat U my gelei het na kennis, na ondervindinge en na mense wat dit ontbloot het, U gee my krag om die valse vrese te oorkom, help my om nie in te gee tot vermydings versoekings nie. Heer laat my elke keer besef dat vermydings my verder weg dryf van my ware self en van U af, Keer my om myself nie te verswak met blinde gedrag nie, ek is U juweel, straf my as ek U eiendom beskadig Heer, versterk my verstand en hart om ander se reaksies te vergewe, herhinner my dat hulle slegs mense is, gebruik my om hulle te inspireer Here gee my selfvertroue in uitdagende situasies, herhinner my dat ek alles wat ek nodig het reeds het Heer dankie dat U my laat opstaan elke keer as ek val Vul my met vrees om te besef dat as ek nie gaan verander nie gaan ek vir altyd dieselfde bly Maar laat my nie vergeet hoe ek al verander het nie, en dat ek trots moet wees Heer verlos van die luiheid, want om lui te wees laat my weer en weer val Here As ek praat wil ek my oë rig op ander, my ken hoog hou, my skouers laat ontspan, maak my postuur sterk Laat ek elke sekonde waardeer en gebruik, laat die tydsdruk verlig, ek wil glimlag, herhinner my verantwoordelikheid om met my elegante stem ander gerus te stel. Verdryf die skaamgeid Here, U weet dat ek dit oorkom as ek dit ontbloot, hou my stem opreg en by my hart Here, by U Here U gee my die krag en wysheid om die onvoldoende te herhaal en te verbeter. U het my dit laat leer om my die beste vir U te maak. As die vrees en angs my oorweldig Here, waar ander slegs ‘n stilte sien maar ek in ‘n tweestryd is, dryf my met U warm asem en ek sal oorwin. Here U laat my volhard deur die gemaklike tye en die moeisame tye. U is tyd Here, en U seën die wat volhard met tyd, U sal my nie iets gee wat ek nie sterk genoeg is om te oorwin nie Here. Ek wil oorwin Here, vir U! Laat ek volhard om myself te verlos van skuldgevoelens en angs teenoor my geliefdes Here. Dankie vir die geliefdes wat my ondersteun. Lei my om hulle te gebruik want hulle is daar vir my. Heer laat my werk om die bitter uit my mond te spoel, laat my altyd streef om my beste te wees, selfs al is die nie soos ander om my nie. As dit U wil Here… want slegs deur U gees in my kan ek ontspan, kry ek krag, kry ek asem, kan ek praat. Amen
Posted on: Thu, 15 Aug 2013 07:12:27 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015