Dis nag. Dis donker. Ek is bang. Iets het my wakker gemaak, maar - TopicsExpress



          

Dis nag. Dis donker. Ek is bang. Iets het my wakker gemaak, maar wat? Alles is doodstil. Ek hoor niks. Ek lê en luister. Daar hoor ek dit weer!! Dit klink soos `n tak wat aan my venster krap. Ag nee! Daar groei geen boom naby my venster nie. Daar is dit weer. Krap-krap-krap. Ek staan versigtig op. Baie saggies sluip ek na die venster toe. Ek vat die gordyn versigtig weg. Daar staan sy. `n Klein dogtertjie. Sy wys met haar vingertjie: "Kom hier, kom hier". Ek is bleek geskrik. Ek voel hoe my hele lyf bewe. Almal ken die storie van die dogtertjie wat weggeraak het. Dit is al twintig jaar gelede. Die dogtertjie met die lang fyn blonde haartjies. Tot vandag toe nog weet niemand wat van haar geword het nie. Nou staan sy hier onder my kamervenster en krap-krap aan die ruit. Ek wat Karolus is was nog nooit in my lewe so bang nie. Ek weet sommer dit is nie `n regte dogtertjie nie. Dit lyk of ek deur haar kan sien. Sy is so wasig en die maan se strale trek sulke blink strepe deur haar hare. Alles in my wil my laat omdraai en weghardloop, maar ek is stokstyf versteend. Dit voel soos `n magneet wat my nader na haar toe trek en ek maak die venster oop. Soos `n slaapwandelaar sit ek my een been oor die vensterbank. Ek kan nie my oë van haar af hou nie en die handjie wuif nou: "Kom, kom, saam met my". Nog steeds asof iemand anders in my liggaam ingeklim het en my laat beweeg, klim ek deur die venster. Sy draai om en stap weg van my maar wys nog steeds met die handjie: "Kom, kom saam." Dit is donker, maar die maan se strale skyn deur die takke en ek kan sien waar ek loop. Sy stap voor my uit en soos `n robot volg ek haar. Ons stap deur die woud, al met paadjie af. Agter my vlieg `n nagvoël op. Ek skrik my bene lam. Net daar steek ek vas maar sy draai half om en wys met die handjie: "Kom, kom saam met my." Nou is ons deur die bome en ons stap op teen die randjie. Toe ek opkyk sien ek die wolke voor die maan verby sweef. `n Rilling trek deur my rugstring en tot in my kuite. Die hare in my nek staan regop. Ek wonder waar vat sy my heen? Ek ken hierdie paadjie. Hierdie paadjie eindig by Oom Koos se plaashuis. Die storie het die rondte gedoen dat Oom Koos baie lief was vir haar. Hy het haar daar onder by die rivier geleer visvang en hulle het dae saam deurgebring. Ons vat die laaste draai en ek skrik my yskoud toe die hond al blaffende om die hoek van die huis aangestorm kom. Hond se kind gee nog net een blaf toe gaan lê hy met sy kop skeef gedraai. Hy kyk met vraende oë na my, terwyl hy kort klein tjankgeluidjies maak. Ek kyk op en soek die meisietjie, maar sy is weg. Dit is twee-uur in die oggend, sien ek op my horlosie. Stil-stil draai ek om om terug te gaan huistoe. Die hond kom lê voor my voete in die paadjie asof hy my wil keer en maak tjankgeluidjies. Wat kan dit tog beteken? Het sy geskrik vir die hond? Ek is seker sy wou vir my iets gaan wys en nou is sy weg. Die vrees wat my oorval het, het verdwyn. Ek wens ek kon weet wat dit beteken? Wat is dit wat sy vir my wou wys? Hoekom tree die hond so snaaks op? Die volgende oomblik hoor ek `n geluid in die huis. Dit klink na `n gekreun. Ek draai weer om en stap vinnig terug na die huis. Die hond het nou opgespring en hardloop voor my uit. Ek roep na Oom Koos, maar hy antwoord nie. Ek draai aan die deur se knop en dit gaan oop. Voel-voel met my hand aan die muur soek ek na die ligskakelaar en vat dit raak. Die lig verhelder die vertrek en voor my lê Oom Koos op die vloer langs die telefoontafeltjie. Ek spring met een sprong bo-oor die tafel en sien hy hou sy bors vas. Sy gesig is vertrek van die pyn. Hy haal beswaarlik asem. Ek gryp die foon en skakel `n ambulans en gee die adres. Ek maak Oom Koos gemaklik en toe die geloei van die sirene onder in die pad opklink, slaak ek `n sug van verligting. Nadat die ambulans hom daar weg het, sluit ek die deur agter my toe. Ek draai om om huiswaarts te keer, en daar tussen die bome staan sy, en sy wuif vir my, en verdwyn in die woud. Dis nag. Dis donker. Ek is bang. Iets het my wakker gemaak, maar wat? Alles is doodstil. Ek hoor niks. Ek lê en luister. Daar hoor ek dit weer!! Dit klink soos `n tak wat aan my venster krap. Ag nee! Daar groei geen boom naby my venster nie. Daar is dit weer. Krap-krap-krap. Ek staan versigtig op. Baie saggies sluip ek na die venster toe. Ek vat die gordyn versigtig weg. Daar staan sy. `n Klein dogtertjie. Sy wys met haar vingertjie: "Kom hier, kom hier". Ek is bleek geskrik. Ek voel hoe my hele lyf bewe. Almal ken die storie van die dogtertjie wat weggeraak het. Dit is al twintig jaar gelede. Die dogtertjie met die lang fyn blonde haartjies. Tot vandag toe nog weet niemand wat van haar geword het nie. Nou staan sy hier onder my kamervenster en krap-krap aan die ruit. Ek wat Karolus is was nog nooit in my lewe so bang nie. Ek weet sommer dit is nie `n regte dogtertjie nie. Dit lyk of ek deur haar kan sien. Sy is so wasig en die maan se strale trek sulke blink strepe deur haar hare. Alles in my wil my laat omdraai en weghardloop, maar ek is stokstyf versteend. Dit voel soos `n magneet wat my nader na haar toe trek en ek maak die venster oop. Soos `n slaapwandelaar sit ek my een been oor die vensterbank. Ek kan nie my oë van haar af hou nie en die handjie wuif nou: "Kom, kom, saam met my". Nog steeds asof iemand anders in my liggaam ingeklim het en my laat beweeg, klim ek deur die venster. Sy draai om en stap weg van my maar wys nog steeds met die handjie: "Kom, kom saam." Dit is donker, maar die maan se strale skyn deur die takke en ek kan sien waar ek loop. Sy stap voor my uit en soos `n robot volg ek haar. Ons stap deur die woud, al met paadjie af. Agter my vlieg `n nagvoël op. Ek skrik my bene lam. Net daar steek ek vas maar sy draai half om en wys met die handjie: "Kom, kom saam met my." Nou is ons deur die bome en ons stap op teen die randjie. Toe ek opkyk sien ek die wolke voor die maan verby sweef. `n Rilling trek deur my rugstring en tot in my kuite. Die hare in my nek staan regop. Ek wonder waar vat sy my heen? Ek ken hierdie paadjie. Hierdie paadjie eindig by Oom Koos se plaashuis. Die storie het die rondte gedoen dat Oom Koos baie lief was vir haar. Hy het haar daar onder by die rivier geleer visvang en hulle het dae saam deurgebring. Ons vat die laaste draai en ek skrik my yskoud toe die hond al blaffende om die hoek van die huis aangestorm kom. Hond se kind gee nog net een blaf toe gaan lê hy met sy kop skeef gedraai. Hy kyk met vraende oë na my, terwyl hy kort klein tjankgeluidjies maak. Ek kyk op en soek die meisietjie, maar sy is weg. Dit is twee-uur in die oggend, sien ek op my horlosie. Stil-stil draai ek om om terug te gaan huistoe. Die hond kom lê voor my voete in die paadjie asof hy my wil keer en maak tjankgeluidjies. Wat kan dit tog beteken? Het sy geskrik vir die hond? Ek is seker sy wou vir my iets gaan wys en nou is sy weg. Die vrees wat my oorval het, het verdwyn. Ek wens ek kon weet wat dit beteken? Wat is dit wat sy vir my wou wys? Hoekom tree die hond so snaaks op? Die volgende oomblik hoor ek `n geluid in die huis. Dit klink na `n gekreun. Ek draai weer om en stap vinnig terug na die huis. Die hond het nou opgespring en hardloop voor my uit. Ek roep na Oom Koos, maar hy antwoord nie. Ek draai aan die deur se knop en dit gaan oop. Voel-voel met my hand aan die muur soek ek na die ligskakelaar en vat dit raak. Die lig verhelder die vertrek en voor my lê Oom Koos op die vloer langs die telefoontafeltjie. Ek spring met een sprong bo-oor die tafel en sien hy hou sy bors vas. Sy gesig is vertrek van die pyn. Hy haal beswaarlik asem. Ek gryp die foon en skakel `n ambulans en gee die adres. Ek maak Oom Koos gemaklik en toe die geloei van die sirene onder in die pad opklink, slaak ek `n sug van verligting. Nadat die ambulans hom daar weg het, sluit ek die deur agter my toe. Ek draai om om huiswaarts te keer, en daar tussen die bome staan sy, en sy wuif vir my, en verdwyn in die woud.
Posted on: Sat, 28 Sep 2013 00:29:40 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015