Dis regte egte appelkoosgees wat in die bottel gepreserveer is, - TopicsExpress



          

Dis regte egte appelkoosgees wat in die bottel gepreserveer is, konserwatiewe confiture van die beste, en nie hoeranje suikerjellie nie. Dit land op jou tafel in ‘n glasbottel van sowat 150 ml, skat ek, maar ek wil nie nou bodder met syfers nie my roosterkoek koel af en ek wil hë die botter moet daarop ínsmelt voor ek die konfyt opskep. Maar nee, wag, soetgoed kom later saam met die bottel gerasperde kaas. Eers die biltong pâté. Dit kom ook in ‘n netjiese bottelmaat, en dit smelt in die warm botter in, en die roosterkoek smelt in my brekfisbek weg. n Bottel fynbiltong wag ook. My snor beweeg ritmies op en af en gee so ritme aan my ekstase. Die kinders by die tafel langsaan kyk my aan of hulle poppespel sien. Ek kou met groter snorgawe. Dis sekslekker soutsmake. Slukkie tee. Die roosterkoek sny ek in dun skywe soos ‘n broodjie oop. Dis onmoontlik, selfs vir my, om al die bottels leeg te eet. Die vrouens by die padstal is lánkal vars op hul pos en die mouterbaaiks kom al brullend aan. Sodra almal hul helmets af het, en die dollas hulle hare skud en die manne hulle snorre vryf, en Marakkas kan sien dis nie ET’s of Filistyne nie, hou sy op blaf. Ek kyk nie op nie ek kou net. Eksmeer. Ek stapel. Marakkas het ‘n nuwe bal. Een wat nie nie kan stukkend byt nie. Dit kos fokken R180 maar dis al die dier se plesiere werd. En my ontbyt al my lekkerte ook – ‘n belaglike R35 vir ‘n fynproewers ete warm uit die oonde van die anties se harte. Nou moet ek weer die pad opstap groothuis toe. Kilometertjie. Goeie oefening. Smeulende son. Ek voel my wintersboude dapper saamstap. Langs die pad besweer ek die slangvolk by wyse van ‘n soort ope gebed: Ek praat hard-op en verduidelik mooi dat ek hul terrein respekteer, hul slanke skoonheid bewonder en dat van my mees suksesvolle eks-kollegas ook elegante slange is. Ek glo dat hierdie gesprek ‘n soort kosmiese wedergebrip kweek en dat die slanke reptiele met die nodige sierlikheid geheel en al ontwapend sal fokkof. Bo by die groothuis is my werksplek al reggepak en elke ding op sy plek. Net in een boks het ‘n 5 liter blik akrielverf uitgeloop en als aanmekaargekoek soos ‘n kruis tussen Jackson Pollock en Tracy Emin. Nee, nie Kendell Geers nie. My goudblad is skoonveld. Koper en silwer ook. Ek vloek. Maar, ek het drie groot tafels om op te werk en twee stewige esels. Nuwe kwasse soos vliegtuigkaartjies. Genoeg loopplek om om die tafels nog te Putt-Putt met Marakkas ook. En ek bid weer: Dankie Jere, só is die dae aangenaam en só kom ek weer tot vrede met myself en kan ek, vandag, ‘n hele paar flaters van tevore as kosmos begrawe. Dankie.
Posted on: Sat, 09 Nov 2013 09:18:00 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015