Dit gons behoorlik op sommige regse en ultraregse blogs en - TopicsExpress



          

Dit gons behoorlik op sommige regse en ultraregse blogs en facebookblaaie oor die feit dat OASE ‘n weldeurdagte besluit geneem het om nie aan die Red October-protesoptog op 10 Oktober in Pretoria deel te neem nie. Laat ons dit weer herhaal: Ons bestuurspan dink dit is baie moedig van Sunette Bridges om ‘n protesaksie van hierdie aard te reël; dit vat “guts” om so-iets te doen en OASE sou ook baie graag daaraan wou deelneem, net soos wat Steve Hofmeyr en ander waarmee OASE graag assosieer daaraan gaan deelneem. Dit is ook baie bemoedigend om te sien dat Steve Hofmeyr hom weerhou van enige vorms van rassisme, en da thy sy deelname suiwer baseer op sy Afrikanerskap. Ons wil dit ook baie duidelik stel dat ons hoop die verrigtinge in Pretoria verloop vlot en dat daar nie enige ongerymdhede of ontwrigting van welke aard ookal sal plaasvind nie. As Christene bid ons ook hiervoor. As ons so na die tientalle kommentare van mense kyk wat hier op ons eie facebook woelig is, besef ons nou des te meer dat ons bestuur die korrekte besluit geneem het. Die tipe rassistiese uitlatings wat kort-kort deurskemer lê ten grondslag van ons oorwoë besluit om nie aan die Red October-protesaksie deel te neem nie en ons plaas ons argumente telkens op die basis van ons land se huidige Grondwet (waaraan ons ALMAL ondergeskik is), maar veral op die basis van internasionale regsbeginsels en die riglyne van die interasionale gemeenskap wanneer dit kom by volke se vryheidstrewes. In die aanloop tot die 1992 apartheidsreferendum, het dr. Ferdi Hartzenberg as onderleier van die destyds Konserwatiewe Party daarin geslaag om nagenoeg 12000 blankes, hoofsaaklik Afrikaners, in Pretoria se strate aan ‘n protesoptog te laat deelneem. Rondom daardie selfde tyd het nagenoeg 15000 Afrikaners by Donkerhoek oos van Pretoria by ‘n kultuurbyeenkoms opgedaag waar dr. Andries Treurnicht en prof. Carel Boshoff die voortou geneem het. Op 27 Mei 1990 het verskeie konserwatiewe en regse leiers daarin geslaag om ‘n reuse saamtrek by die Voortrekkermonument te hou waar nagenoeg 150 000 blankes, ook hoofsaaklike Afrikaners, teenwoordig was. Dit verg leierskap en moed om Afrikaners in sulke groot getalle bymekaar te bring en ons hoop van harte dat Sunette Bridges en haar span medewerkers se pogings geslaagd sal wees. Sunette hoop duidelik dat haar protesgangers blankes sal wees, want sy verwys in haar mediaverklaring en in opvolguitsprake na ‘n WIT etniese minderheid wat die slagoffers van die ANC se beleid is. OASE se bestuur en enige nugterdenkende mens sal weet dat hierdie slagofferskap beslis nie net beperk is tot blankes in hierdie land nie. En die res van die wêreld met sy links-liberale media weet dit ook lankal. Daarom dat die ANC en hulle lakeie sit en lag vir die Red October-inisiatief. As die ANC en hul lakeie nie die inisiatief gaan doodswyg soos wat hulle dikwels doen nie, sal hule sorg dat die plaaslike en buitelandse media dit doodskryf. En wanneer die media oor sulke goed skryf, kan hulle nie wag om ‘n rasse-ettiket te vind waarmee sulke aksies verbind word en dit dan aan die hele wêreld verkondig kan word nie. Soos wat nou reeds gebeur: dailymaverick.co.za/opinionista/2013-10-07-red-october/#.UlT71vwaLIX Ten spyte van bogemelde massa-protesaksies onder blankes en vernaamlik Afrikaners in die vroeë 1990’s, het daar tydens die referendum van 1992 minder as 800 000 blankes (waarvan die meerderheid Afrikaners was) NEE gestem vir die huidige politieke bedeling. Meer as 1.8 miljoen blankes het JA gestem – dit is ‘n oorweldigende meerderheid. Vandag, byna 20 jaar na daardie referendum, het daar ‘n nuwe generasie blankes op die toneel verskyn wat met die apartheidsverlede NIKS te make wil hê nie,maar wat nou die slagoffers van ANC-apartheid geword het. Hierdie nuwe generasie vind baie moeilik inslag by Afrikaner-belangegroepe wat teruggryp na die uitgediende ideologie van apartheid of diskriminasie op grond van mense se velkleur. Hulle stel ook nie daarin belang om deel te wees van ‘n generasie Afrikanergryskoppe wat nou probeer om na oplossings te gryp wat hulle beskou as juis die oorsaak van die dilemma waarin Afrikaners hulleself vandag bevind nie. Baie van hierdie jongmense het in die buiteland gaan ervaar dat daar geen bestaansreg vir rassisme in die wêreld is nie. Ongeag die kommentare wat ons hieronder ontvang het en waarin Sunette Bridges self haar uilatings op suiwer rassisme baseer, weet OASE se bestuur vandag dat die oorgrote meerderheid Afrikaners nie agter mense aanhardloop waarvan die strewes en doelwitte teruggryp na iets uit die verlede wat teen hierdie tyd “ancient history” is nie. Wat OASE se bestuur sukkel om te verstaan is dat sommige ultraregse Afrikaners nie besef dat hulle werklik maar trots kan wees op hul Afrikanerskap nie, maar dat hierdie trots nie gebaseer mag wees op rassisme nie. Die vlak van kondisionering wat sommige ultraregse Afrikaners by hulle leiers ondergaan en die vals verwagtinge wat sulke leiers by hulle skep gebaseer op mense se velkleur, skree ten hemele. ‘n Mens hoef net te gaan kyk na die rassistiese uitsprake op sulke groepe se web- en facebookblaaie, dan staan jou hare regop. Waarom kan sulke Afrikaners nie bloot net trots wees op hul Afrikaner-identiteit nie, maar moet hulle alewig hulle velkleur by die saak betrek en daardeur ALLE vryheidstrewende Afrikaners se pogings in die wiele ry. Want sien, ons magtige vyande sit soos valke en wag dat ons iets sê of doen waarmee hulle ons dan met die rassestok kan slaan. En ons vyande weet lankal hulle het ons Grondwet, die internasionale reg en gemeenskap, asook die hele wêreld se media aan hulle kant. Hoe verwag sulke ultraregses dat Afrikaners ooit die vryheidstryd moet wen? OASE maak geen geheim van die feit dat die ANC en hul Marxistiese bondgenote die grootste rassiste in ons midde is nie. Ons fokus in die buiteland is juis op hierdie beleid (RA, SEB, ens.) van die ANC se rassisme. Dit gee egter geen enkel Afrikaner die reg om ook rassistiese uitsprake te maak nie, want sien, Afrikaners by uitstek dra die ettiket van apartheid en die wêreld daar buite sal dit nie maklik vergeet nie. “Two wrongs can never make a right!”. OASE gaan rustig voort om hoofstroom-Afrikaners, wat lankal in die meerderheid is, daarvan te oortuig dat daar wel maniere is om los te breek uit die kettings van ‘n swart meerderheidsregering met sy Afrikakultuur, waardestelsels en gedragspatrone. Dit is die weg wat deur die internasionale reg en gemeenskap vir minderheidsvolke gebied word wat vasgevang sit binne eenheidstate. Dit is ‘n vreedsame weg waar daar nie plek is vir geweld nie, maar beslis ook nie vir rassisme, seksisme en diskriminasie op grond van mense se geloof nie. Vir ons by OASE is dit die enigste haalbare en volhoubare uitweg. oase-ekspedisie/selfbeskikking-2/afrikaner-waarheen-is-jy-oppad#more-574
Posted on: Wed, 09 Oct 2013 07:07:27 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015