Dit is vir RADIO PANORAMA n voorreg om hier mee te deel dat - TopicsExpress



          

Dit is vir RADIO PANORAMA n voorreg om hier mee te deel dat SOLOVLUG toe wel genomineer is om die gesig van die stasie te wees gedurende JULIE 2014. Gedurende hierdie tyd sal SOLOVLUG versoek word om skrywers beskikbaar te stel om by skole in ons luisteraars gebied kinders aan te moedig om te skryf vir al die redes waaroor n kind behoort te skryf. Dit is Panorama se wens dat die bestuur van SOLOVLUG hierdie nominasie gunstig sal oorweeg en hulle status met waardigheid sal uitdra om in te pas by die onderstaande inligting. Meer oor Panorama Radio Panorama is ‘n gemeenskapsradio wat alreeds 20 jaar uitsaai in die Vrystaatse Goudvelde onder ‘n wettige lisensie op 107.6FM . Die fondamente waarop hierdie Radiostasie staan is: · INLIG · OPVOED · VERMAAK Hierdie fondamente word uitgebou in die onderstaande Doel, Credo, Missie en Strewe. 1. DOEL 1.1 Om in diens van die gemeenskap te staan en die gemeenskap te alle tye voorop te stel en die belange van die gemeenskap te bevorder. 1.2 Om by wyse van radio uitsendings die gemeenskap se belange te bevorder en in in belang van die gemeenskap op te tree. 1.3 Om te alle tye in voeling met die gemeenskap te wees en te bly. Veral met betrekking tot sienings, gevoelens en opvattings van die gemeenskap om sodoende die gemeenskap die beste te kan dien. 1.4 Om die oogmerke, riglyne, voorskrifte en bepalings van die Uitsaai Owerheid, na te kom. 1.5 Om verhoudings tussen alle gemeenskappe, asook die verskillende bevolkings-groepe te bevorder. 1.6 Om beter begrip en toegeneentheid vir mekaar te kweek en om die gemeenskap in te lig met betrekking tot die aard, karakter en strewes van sodanige ander gemeenskappe. 1.7 Die doel van Radio Panorama sal onder geen omstandighede die najaag van wins wees nie. 1.8 Radio Panorama het verder ten doel: 1.8.1 die uitbouing en bevordering van Afrikaans; 1.8.2 die bevordering en uitbouing van die Suid Afrikaanse kultuur wat ‘n omvattende samesnoering is van al die fasette van ‘n gemeenskap se bestaan uit die verlede, die hede en die toekoms; 1.9 Om te alle tye te verseker dat die uitsendings die steun van die gemeenskap geniet en van diegene wat hulle met die belange van die gemeenskap vereenselwig of dit bevorder en wel gemeet aan die maatstawwe wat in die Wet en Regulasies voorgeskryf word. 1.10 Om lede van die gemeenskap en diegene wat hulle met die belange van die gemeenskap vereenselwig of dit bevorder aan te moedig om deel te neem aan die uitsoek of keuring en voorsiening van programme wat in die loop van die uitsaaidiens uitgesaai kan te word. 1.11 Om te alle tye te verseker dat die nodige vermoë, kundigheid en ondervinding beskikbaar is vir die doeleindes van Radio Panorama. 2. CREDO Eerste verantwoordelikheid Ons glo dat ons eerste verantwoordelikheid teenoor God Drie Enig, Beskikker oor lotgevalle van volke en nasies en die onfeilbare Woord van God is. Tweede verantwoordelikheid Ons glo dat ons tweede verantwoordelikheid is teenoor die Afrikaanse volk, taal en kultuur. Daarmee verklaar ons, ons onherroeplik gebonde tot die behoud, bevordering en uitbouing van die Afrikaanse Moedertaal sonder om te verval in ‘n groef van vernuwings weerstand. Derde verantwoordelikheid Ons glo dat ons ‘n plig het teenoor die gemeenskap wat ons bedien. (ongeag die plek waar gewoon word) Ons verklaar daarom dat ons sal volhard in die opheffing en opleiding van ons gemeenskap en dat die gemeenskap ingelig sal word oor dit wat hul lewens, lewenswyse of lewensstandaard kan beïnvloed. Vierde verantwoordelikheid Ons vierde verantwoordelikheid is teenoor diegene wat saam met ons werk en die kunstenaars wie se musiek gespeel word of gedigte gelees word of ander kunswerke verkoop word. Dit is ons strewe om sekuriteit te bied, opleiding te verskaf en daardeur goeie verhoudinge in stand te hou. Aan elke kunstenaar wie se werk gebruik word sal tantieme betaal word soos verwag word. Vyfde verantwoordelikheid Ons vyfde verantwoordelikheid is teenoor ons jeug. Ons bevestig dat ons daartoe geroepe is om ons jeug op te voed of te laat opvoed. Hierdeur onderneem ons om ons jeug op te help oplei en na waarde te reken. 3. MISSIE Die missie van Radio Panorama is om deur middel van kennis, ondervinding en visie ons Credo uit te leef, te beskerm en uit te bou op so ‘n wyse dat ons in elke Afrikaansehuis binne die opvangsgebeid asook op internetstroom gehoor sal word. 4. STREWE Ons is onherroeplik daartoe verbind om met alle middele tot ons beskikking elke bedreiging te omskep in ‘n geleentheid, elke swakpunt in ’n sterkpunt en elke geleentheid in ‘n besondere aanbod. UITSAAIGEBIED Ventersburg, Steynsrus, Kroonstad, Odendaalsrus, Welkom, Virginie, Hennenman en Allanridge. Buitewyke van uitsending: Senekal, Theunissen, Wesselsbron en Edenville. INTERNETSTROOM (STREAMING) Panorama het as gevolg van sy unieke skrywersblad en goeie programme daarin geslaag om ‘n enorme hoeveelheid luisteraars vir Internetstroom te trek van regoor die wêreld. Net soos wat Panorama n voorloper was in die vestiging van gemeenskaps radio 20 jaar gelede so het Panorama ook weer posisie ingeneem as die voorloper in die bevordering van die sogenaamde straatdigter se belang in Suid Afrika. HOEKOM pANORAMA SE GESIG VAN DIE MAAND? Panorama is soos hierbo gelees ingestel op die gemeenskap en sy behoeftes. In hierdie geval gaan dit oor daardie rigting veranderende denke wat telkens die vrug van n digter is . Panorama wil daardeur n kultuur skep dat jy elke mens die reg het tot vrye denke, vrye skrifte en lewensveranderende uitsprake. SOLOVLUG moet n rol speel om van dromers leiers te maak en van goeie leiers baie goeie volgelinge. Ons hoop dat SOLOVLUG hierdie Status en uitdaging sal aanvaar. Ons hoor spoedig van julle Radio Groete
Posted on: Thu, 28 Nov 2013 18:16:50 +0000

Trending Topics



For a truly
(Mt 10,34–11,1) Disse Jesus: Quem não toma a sua cruz e não me
Effect of a Sound Marriage: Rights of the Husband and
Cocoa na Chocolate 19 recording artists. 11 countries. 10
REDUCED BY € 10,000 FOR AN IMMEDIATE SALE - BARGAIN TO SELL
Integrity The quality of being honest and having strong moral
Hindi masama ang #networking business. Ang maling tao lang ang

Recently Viewed Topics




© 2015