Eenkant het ek my afgesonder Stilte in my hart se binnekamer - TopicsExpress



          

Eenkant het ek my afgesonder Stilte in my hart se binnekamer gevind Kerse gebrand en atmosfeer geskep Nie eers die sekondewyser kon my belet Soekend na antwoorde wat soos die winterkoue knyp Weggedryf die wind wat om my hart se hoeke gryp Oopgemaakte stiltes met God gevind Sy Beloftes aan my hart kom bind Tussen die sirkel lig van die kers se vlam Het ‘n traan sy eie weg gebaan Gerol teen sy eie spoed Weg gesypel in die laken sonder ‘n groet Nog ‘n bietjie stilte….om God se stem te hoor Toe rol daar nog ‘n traan oor my hart se walle oor
Posted on: Thu, 25 Jul 2013 21:37:36 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015