Ek het die via bbm gekry en moes dit share dis pragtig. Ek skryf n - TopicsExpress



          

Ek het die via bbm gekry en moes dit share dis pragtig. Ek skryf n gedig oor jou, jy is n inspererende vrou n roos waaraan mens kan vashou , dis hoe almal jou beskou Iemand wat my kan help en leer, selfs kan bystaan in tyd van seer. Vertroostende woorde, sag en teer, jy sien nooit op iemand neer. Raad het jy om n wond te genees, te verwyder n doring uit die vlees. Verstommend is jou passievolle gees, nog meer, jou kreatiewe idees. Blomme is vir jou niks nuut, jy kan rangskik, met selfs een riet. Uit iets oud skep jy iets nuut, tot n geroeste yster kan jy so geniet. Jy wys my hoe om te bak en brou, om room te klop, sommer gou. Hoe om te stik n soom, n mou, hoe diep om n plant se gat te grou. Wat om te maak met n plein wit blaai, wanneer om nuwe blomme te saai. Van n lappie maak jy iets so fraai, hoe jy dit doen kan ek net raai. Ek wonder soms, is jy by die huis net soos ons? Moet jy ook koskook en bed op maak, om nie eers van skottelgoed te praat? Hoe kry jy dit reg om ma te wees en vrou, en dan nog by al jou verpligtinge te hou? Raak jy ook moeg, raak jy ook flou, Jy is n wonder mensie , jy is n vrou.
Posted on: Thu, 24 Oct 2013 03:53:30 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015