Ek het dit doelbewus eenvoudig gehou: ek het julle van Jesus - TopicsExpress



          

Ek het dit doelbewus eenvoudig gehou: ek het julle van Jesus Christus kom vertel, die Jesus wat aan die kruis dood is. Ja, my boodskap was eenvoudig. Dit was nie ’n klomp hoë woorde wat ’n mens se kop laat draai of so geleerd klink dat jy maar net ja en amen sê nie. In plaas daarvan om na slim argumente te luister kon mense eerder sien hoe kragtig die Gees van God werk. Ek praat met julle oor baie diep dinge wat julle lewe diep beïnvloed. Net mense wat daarvoor ryp is, kan dit regtig verstaan. Dit is nie populêre dinge of dinge wat die belangrike mense baie beïndruk nie. Hierdie mense leef in elk geval maar net ’n rukkie en dan gaan hulle manier van lewe saam met hulle dood. Nee, die boodskap wat ek bring, is dit wat regtig waar en reg is. Dit is soos God bedoel het ons lewe moet wees. Niemand het mooi besef presies hoe dit sou wees nie, want God het dit geheim gehou tot nou toe. Nog voor die wêreld geskape is, het Hy al hierdie dinge spesiaal net vir ons reggemaak. Daar is mos geskryf: “Niemand het nog ooit so iets gesien of gehoor nie. In sy wildste drome kon niemand nog ooit homself so iets voorstel nie. Ek praat van al die dinge wat God reggemaak het vir die mense wat Hom liefhet.” Ons weet nie hierdie dinge sommer vanself nie. God het dit vir ons met behulp van sy Gees kom verduidelik. Die Heilige Gees weet alles, tot alles wat in God se diepste gedagtes aangaan. Juis hierdie Gees het God vir ons gegee. Hy het nie sommer ’n gewone gees vir ons gegee wat niks van Hom af weet nie. Omdat ons God se Gees in ons het, kan ons presies begryp wat God so onverdiend vir ons gegee het. Die Gees vertel ons immers daarvan. (1 Korintiërs 2:2, 4, 6, 7, 9, 10, 12 DB)
Posted on: Sun, 17 Nov 2013 22:05:36 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015