Ek het minder foute as die res, of het ek? Ander mense het altyd - TopicsExpress



          

Ek het minder foute as die res, of het ek? Ander mense het altyd meer foute as ek. Ander se foute is karakterfoute; myne is slegte omstandighede. Ander se foute is onvergeeflik, myne is verskoonbaar. Ek kan ander se foute vir lank teen hulle hou. Ek vergeet myne gou. Snaaks dat ek ander mense se foute soveel makliker raaksien as my eie. O ja, en sommer baie gouer ook! Dit vat die Here dikwels langer om my te oortuig van my eie verkeerde persepsies as wat dit myself vat om hulle te skep ... en te glo! Hoe diep is vooroordele nie ingemessel in my eie hart nie. Hoeveel blindekolle is daar nie nog in my lewe nie. Ek is, soos wat die spreekwoord sê, siende blind en horende doof! Paulo Coelho skryf tereg: “It is part of the human nature always to judge others very severely and, when the wind turns against us, always to find an excuse for our own misdeeds, or to blame someone else for our mistakes.” Die Gees van die Here moet my diep oortuig van my blindheid en doofheid. Daarom is my gebed vir vandag: “Here, wees my genadig! Maak my oë wyd oop vir my eie veroordelende gesindheid. Laat ek helder en duidelik hoor wat U deur U Gees vir my wil sê oor hierdie blindekolle in my lewe. Laat my asseblief gedurende hierdie week ander mense met oop arms in Jesus se Naam aanvaar. Maak my ’n lewende instrument van U vrede. Amen.”
Posted on: Tue, 09 Jul 2013 08:03:00 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015