Ek hoop dat die dag vol van liefde sal wees. Ons moet so lewe dat - TopicsExpress



          

Ek hoop dat die dag vol van liefde sal wees. Ons moet so lewe dat ons in die tent van die Here kan vertoef. Hoe vertoef ons in Sy tent. Ps 15:1 - 3 skryf die woord dit so vir ons, nl.: "Here, wie mag vertoef in U tent? Wie mag woon op U heilige berg? Hy wat opreg wandel en opregtheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; Wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen nie en geen smaadhede uitspreek teen sy naaste nie." Vader, baie dankie dat ons vandag weereens kan hoor wie die reg het om in U tent en op U berg te woon. Help elkeen van ons om te doen wat U van ons verwag sodat ons ook in U tent mag woon. Ja Here, ek weet ons faal elke dag met sondes wat ons met woorde, werke en met gedagtes doen. Here vergewe so asb ons sondes em maak ons werkbare mense vir U. Dankie dat ons na U kan kom en U Naam aanroep. Ek bid ook vir beskerming deur die dag, Vader. In Jesus Naam vra en bid ek dit. Amen.
Posted on: Wed, 28 Aug 2013 12:32:31 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015