Ek hou baie daarvan om Sudoku’s te doen en ek verkies dat hulle - TopicsExpress



          

Ek hou baie daarvan om Sudoku’s te doen en ek verkies dat hulle lekker moeilik moet wees! Baie keer dan dink ek om ’n Sudoku op te los is soos om deur die lewe te gaan. Jy krap kop, dink dié kant toe en dáárdie kant toe, oorweeg al die moontlikhede en heel dikwels, net voordat jy moed opgee en dink dinge gaan nie uitwerk nie, kom één dingetjie reg en al die res val in plek en skielik werk alles uit. Ander kere maak mens miskien ’n ou foutjie en is jy gereed om handdoek in te gooi, ’n streep deur alles te trek; as jy egter so ’n paar stappe agteruitgaan en hier en daar ietsie uitvee en oordoen, behaal jy tog uiteindelik sukses.... selfs al moet mens by geleentheid álles uitvee en oor begin. Dit gebeur soms dat mens regtig vas is en geen oplossing meer sien nie en dan loer jy agterin die boekie by die antwoorde om ’n wenk te kry – in Sudoku is dit ’n skande, maar in die lewe is dit wysheid om raad en hulp in te win wanneer jy voel jy is teen ’n muur en jy weet nie meer watter kant toe nie. Moenie moed opgee met die lewe nie, die lig sál weer deurbreek, al lyk dinge hoe donker.
Posted on: Sat, 05 Oct 2013 02:16:32 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015