Ek lees die afskeidswoorde van n man wie se vrou moontlik vannag - TopicsExpress



          

Ek lees die afskeidswoorde van n man wie se vrou moontlik vannag gaan sterf: What an amazing grace to be able to take leave of one who has been by your side for more than 41 years, knowing full well that you will miss that person like you will miss your right arm, and yet have total peace about it. And even look forward to their journey on their behalf. Terwyl ek luister na TT Cloete wat oor sy geliefde Anna praat. “… het sy my ontval my duifie sonder gal. sy het in ’n ondeurdringbare wakkerland gaan bly.” Cloete het die dood van sy geliefde Anna in 2007 gehuldig deur die digbundel, Uit die wit lig van my land gesny: vir Anna, in 2010. Dit is nie net `n bundel oor Anna as mens nie, maar oor die wonder van `n verbintenis; die deelwees en opgaan van liefdesgenote in mekaar. Ek het voorheen gesê: Die meeste mense sê en dink hulle is lief vir hulle lewensmaat. Maar om werklik ‘n maat te kan hê vir wie jy diep, onvoorwaardelike liefde het? Daardie sielsmaat aan wie jy met hart en siel en liggaam verknog is. Lyfliefde. Dis werklik min mense beskore. Meeste van ons is lief met ons koppe. Ons ken nie die verskil nie, want ons het goeie lewens, vol liefde en begrip. Maar as jy daardie sielsliefde sien, herken jy dit. En breek jou hart saam met iemand wat sy sielsmaat verloor.
Posted on: Wed, 04 Jun 2014 18:29:22 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015