Ek weet nie waar om te Comment nie, want hier is net n SHARE link. - TopicsExpress



          

Ek weet nie waar om te Comment nie, want hier is net n SHARE link. Ongelukkig het ek ook nie meer kontak met hulle nie, maar daar is maniere om uit te vind. Al die info is korrek: Tannie Dalla was Frik du Preez se suster en na haar dood, het my ma-hulle eintlik vir Hettie aangeneem- as ek n nuwe rok gekry het, het my ma vir haar ook gemaak. Hulle het by Tugela (naby die Bosveld Hotel van die movie) n plaas gehad en ons het dikwels naweke daar deurgebring. Oom Hans is, nadat ons uit die skool is weer getroud met n baie jonger vrou en dit het die kinders ook uitmekaar laat spat. Joey en haar man het op n stadium ook naby Ellisras geboer, maar ek het, soos gese, kontak verloor. (Hettie was met n lektor getroud en n dogter Dalla is uit die huwelik gebore, maar Dalla was bitter klein toe hulle geskei is. Toe was sy met Piet Henning van Marken getroud en saam het hulle n seun Pieter gehad wat nou n mediese dokter is, maar is ook van hom geskei en sy en Dalla het laaste in Pretoria gebly en gewerk.)
Posted on: Wed, 16 Oct 2013 08:08:52 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015