Ewige Raadsman! Dierbare kind van God, In ’n dag soos die tyd - TopicsExpress



          

Ewige Raadsman! Dierbare kind van God, In ’n dag soos die tyd waarin ons lewe het ons voorwaar ’n betroubare raadsman nodig wat kan verhoed dat ons verkeerde besluite neem, met verreikende gevolge. Om op die arm van vlees staat te maak het ons al baie duur lesse geleer, of hoe? Kom ons kyk met die hulp van die Here hierna. Groete ~ Oom Jacques. Psalms 32:8 ”Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; EK WIL RAAD GEE; my oog sal op jou wees.” • God gee aan ons deur Sy Woord goeie raad, sodat ons, en andere, daardeur kan baat. Dit weerhou ons selfs van skinder en kwaadpraat ~ Sy raad is kragtige saad. Psalms 31:13 ”Want ek het die skindertaal van baie gehoor - skrik rondom! - terwyl hulle saam raad hou teen my...” • Maar weet u, as ons verkeerd is, maak dit ons selfs met tye kwaad, want die Woord vat ons netjies raak. Sy Goddelike raad is egter al wat werklik saak maak! • Sy raad is baiekeer reguit en op die man af, maar ons is met tye onverstandig en laf. Dit is dan dat ons luister na ander mense se stories en soms kaf. Spreuke 1:24 – 25 ”Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie, en JULLE AL MY RAAD NIE OPGEVOLG EN VAN MY TEREGWYSING NIE WOU GEWEET HET NIE...” • As ons gevul is met God se raad, sal ons met wysheid nie mense, in allerhande stryd en beproewings, afkraak. • Ons moet versigtig wees vir ons eie opinies en ’n uitspraak, wat kosbare siele seer kan maak. Psalms 64:2 ”Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid...” • Ons moet nie die houding weerspieël: ”Dit kan my nie traak!” Die kosbare raad wat God gee, bring verseker, as ons dit toepas, verandering mee. Psalms 73:24 ”U sal my LEI DEUR U RAAD en my daarna in heerlikheid opneem.” • Die wonderbare Heilige Gees neem God se Woord, en verander ons so dat ons soos Jesus kan wees. • Rein, skoon en heilig, want dan is ons rustig en veilig. • Die Raad van God lei tot die lewe; ons word daaraan uitgeken, dat ons gevul is met Sy innerlike vrede. Jesaja 9:6 ”Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, RAADSMAN, Sterke God, Ewige Vader, VREDEVORS...” • Onthou: Ons Ewige Raadsman, woon deur Sy Gees in ons liggaam ~ Hy wat op Hom geneem het, al ons skuld en blaam. Efesiërs 1:11 ”In Hom in wie ons ook ’n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk VOLGENS DIE RAAD VAN SY WIL.” • Laat Jesus, ons Ewige Raadsman toe, om wat ons lewenswandel betref, Vir ons te wys hoe ~ So sal ons die goeie, wat Hy vir ons in gedagte het, kan proe. Jesaja 11:1 – 2 ”Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here.” Spreuke 3:7 ”Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad...” • Kom, wees verstandig en volg Sy Raad, en laat ons strewe om altyd die waarheid te praat, en te vermy elke vorm van kwaad. Facebook: Jacques van der Hoven.
Posted on: Mon, 07 Oct 2013 12:47:10 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015