FB Vriende en Familie: Verlede week het ek jul gevra om asb saam - TopicsExpress



          

FB Vriende en Familie: Verlede week het ek jul gevra om asb saam my te bid vir JeanPierre want hy ly aan kroniese Asma en Alergiee en dit ontwikkel in Bronqitus en Longkwaal,Hy het so swaar asem gehaal, as hy wakker was en geslaap het dat dit so seer geklink het, sy bors het so gekrap en het met tye gehyg na asem, my kind was seker amper 3mnde terug gesond gewees, hy was van een Dr na ander, na een Pediator na die ander, die een Bloedtoets en xtraal na die ander gewees, die een Medikasie op die ander maar NIKS het gehelp nie, ek was selfs baie moedeloos gewees en daarom het ek vir almal gevra om my te help Bid want ek het met my hande in my hare gesit en nie meer geweet wat om te doen nie..... Donderdag aand was my kind nog baie siek en ek het die versoek aan jul gerig om asb vir God te vra om die kleintjie te genees.... MENSE... ONS DIEN N LEWENDE GOD!!!!!! Vrydag oggend kry ek n oproep van my Huisdokter wat n pad saam my stap en hy se dit klink vir hom of JeanPierre se liggaam die mediaksie verwerp, en ons moet hom by n spesialis so gou moontlik kry.... Ek het hier by die werk gesit en net gese "Here U is Groter as enige siekte en enige medikasie, ek weet U sal NOU Intree!!!" So het die Here my geantwoord en gese: "As jy jou kind gesond wil he, LOS ALLE MEDIKASIE EN VERTROU MY!!" Vanaf Vrydag oggend het ek alles gestop, van die hoogste antihistamine tot elke 3 uur Nubilizing en enige verkoue en bronqitus medikasie, na Saterdag (dag 1) het ek n verandering gesien maar wou niks se nie (net gese Dankie Here) Sondag kon ek dit amper nie glo nie n kwessie van 2 Dae en hy haal normal asem... geen neus wat loop, geen teenreaksie van alergiee NIKS.... Mense ons trek vandag op dag 5 en ek het nog glad nie nodig gehad om enige Medikasie te gee vir alergiee of asma nie. MY KIND IS GENEES deur middle van n LEWENDE GOD wat ons dien!!!! My dokter kan dit nie glo toe hy my Maandag bel omtrent die spesialis afspraak nie... hy se hy kan self nie verstaan hoe dit so vining kan genees nie want Donderdag was JeanPierre nog n opname geval... Ek se net elke dag dankie vir die Here vir die groot genesing en dankie dat HY nou in JeanPierre se liggaam lewe en nie die virusse nie! My kind is en sal nou gesond bly!! Baie dankie vir elkeen se gebede en asb... moet nie ophou nie!! Ek waardeer elkeen van dit!
Posted on: Wed, 10 Jul 2013 09:37:58 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015