Fb vriende,wie is die belangrikste persoon in jou lewe? Wie is - TopicsExpress



          

Fb vriende,wie is die belangrikste persoon in jou lewe? Wie is verantwoordelik vir elke keuse wat jy maak en wie besluit wat jy volgende gaan beleef? Net JYSELF! As jy nie jouself ag en eerste na jouself omsien nie, kan jy nie iets vir enigiemand anders beteken nie. Meeste mense funksioneer in wanbalans en dink dit is edel om almal om jou se behoeftes bo jou eie te stel. Dis presies wat Martha in die bybel gedoen het en dit het haar emosioneel uitgeput. Sy het gewerskaf en geskarrel terwyl Maria rustig by die voete van Jesus gesit het. Maria het haarself eers volgemaak, want sy het geweet dat sy dan meer vir ander sou kon beteken. Jesus het geweet hoe belangrik dit was en haar geprys daarvoor. Martha het egter na almal behalwe haar eie behoeftes omgesien. Dit het haar onvergenoegd gelaat en sy het haarself met Maria begin vergelyk. Maria was volgens haar lui en dit het haar frustreer, want sy wou hê Maria moes soos sy wees.Vergelyking met ander sal jou altyd frustreer en onvergenoegd laat. Wanneer jy egter besef dat jy die belangrikste rol in jou lewe speel, kan jy jouself nie meer vergelyk nie. Jy kannie, want niemand kan in jou lewe doen wat jy doen nie! Niemand nie fb vriende
Posted on: Tue, 17 Sep 2013 08:09:44 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015