GEURIGE BEESVLEIS: [RADIO LAEVELD RESEPTE] Vinnig en maklik met - TopicsExpress



          

GEURIGE BEESVLEIS: [RADIO LAEVELD RESEPTE] Vinnig en maklik met ‘n unieke smaak. Kan op rys, as ‘n pastasous of ‘n vulsel vir ‘n aartappel gebruik word. Vir jou vleis beveel ek ‘n goeie snit aan wat in repies gesny word maar as jy mooi stowevleis in die hande kan kry kan jy die stowevleis in blokkies sny. Oppas net vir te veel vet. Swakker snitte moet ook langer prut om die vleis sag te kry. Braai sowat 750g beesvleis, repies of blokkies tot bruin en goed geseël aan alkant. Braai 2 gekapte uie, 1 gekapte Soetrissie en 2 teelepeltjies gekapte knoffel in dieselfde olie en sappe vir ‘n paar minute. Strooi nou 2 teelepels Mielieblom oor en roer tot die mielieblom geabsorbeer is. Voeg nou 1 blik Klappermelk (410g), 3 eetlepels grondboontjiebotter en 2 eetlepels baie fyn gekapte koljanderblare by en geur na smaak. Bring tot kookpunt en prut 15 minute met die deksel op en dan nog 10 minute sonder die deksel. Bedien warm saam met rys, pasta of gebakte aartappel. Geniet !!!
Posted on: Mon, 08 Jul 2013 10:58:34 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015