Gebed vir September Dit is lente, Here, en ons aabid U as die - TopicsExpress



          

Gebed vir September Dit is lente, Here, en ons aabid U as die Skepper God! Nuwe lewe bot oral rondom ons uit. Kom en vernuwe ons ook deur u Heilige Gees. Gee dat die koringkorrel wat in die grond geval En gesterf het nou onsterflik sal ontkiem, Kragtig sal groei en ryke vrugte sal dra. Wek ons uit die geestelike winterslaap en laat ons herleef tot die dissipels wat U bedoel het dat ons moet wees. Gee dat ons nie alleen belowende Lentebloesels sal voorbring nie, maar dat ons Ook die vrugte sal dra wat by ons bekering pas. Here, Jesus, ons onthou in die lente dat U met trane gesaai het; Dat U triomfantelik uit die dood opgestaan het en Met gejubel die oes inbring! Heilige Gees, U wat herskep en lewendig maak, Leer ons om waarlik te lewe en lei ons in U waarheid. Vertroos, versterk en bly vir ewig by ons. Help ons om te groei tot volle rypwording en vrugdra. Drie-enige God, lig ons in hierdie lentetyd uit Uit die groewe waarin ons verval het; Omskep ons tot die saailand van God Waar alles lewe en tintel en bruis. Gee dat ons deur u opstandingsglorie, Verlosser, Die lewe met sy eise met waardigheid En moed sal tegemoetgaan. Ons kies U, Here! Ons kies die lente met sy groei! Ons kies die Lewe!
Posted on: Mon, 02 Sep 2013 09:32:38 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015