Goeie middag Wackos!! Nou ja, die blad bestaan n jaar en ek het - TopicsExpress



          

Goeie middag Wackos!! Nou ja, die blad bestaan n jaar en ek het besluit om hom toe te maak. In hierdie jaar het ek in 2 000 van julle se huise gekuier. Ek het gelees op die newsfeeds van julle hartseer, vreugdes. Ek het verhoudings gesien blom en sommige vergaan. Sterftes en geboortes se oomblikke gedeel. Soms het ek iets gelees en gedink hierdie is nou n lekker skinder storie, dan het ek maar jou geheimpie gehou. Een ding wat ek geleer het was dat ons almal se lewens op golwe ry. Ek het probeer om ietsie vir almal te gee, soms moer gestrip, maar die blad word oorheers met besighede en advertensies. En dit was nie die doel vd blad nie. Nou verveel die blad mense en vir my. Ek wonder of hier regtig 20 mense is wat aktief deel is vd blad wat chat aanbetref. Dankie vir julle wat altyd deel was van chats, positief en negatief. Dit was lekker, maar nou ja.....
Posted on: Fri, 25 Oct 2013 14:20:54 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015