Génesis – In die Begin 18.2. ‘n Nuwe wet Deel 2 Die doel - TopicsExpress



          

Génesis – In die Begin 18.2. ‘n Nuwe wet Deel 2 Die doel van die wet was reeds om ons te wys dat ons God se standaard nie kan lewe sonder om totaal en al oorgegee te wees aan Sy Gees om ons elke stap te beheer nie. Hierdie staat waarin die mens verkeer het na die sondvloed kan ons ook noem die staat van die verharde hart waarin God baie dinge toegelaat het reeds weens die verharding van hulle harte en reeds omdat hulle sonder Sy beheer neemende Gees sy standaarde nooit eers naastenby sou kon hou nie, maar dinge waarin God verseker geen behae gehad het nie. Ons sien dit byvoorbeeld ook in die skeppings weergawe van die huwelik; God het die man en die vrou gemaak sodat hulle een vlees kon wees in die beeld en gelykenis van Hom. Hy het nie die man en die vrou gemaak om een man, sewe vrouens en steeds een vlees te wees nie; ook nie om nou een vlees te wees en dan te skei en weer met ‘n ander een vlees te wees nie, maar God het hierdie gebruike toegelaat in die periode van die Wet weens die verharding van hulle harte. Dit is ook in hierdie gedagte van die nuwe wet wat as ons dieper delf ons ook ander Nuwe Testamentiese gebruike van die Apostoliese tydperk beter sal verstaan. Toe die fariseërs die Here Jesus byvoorbeeld uitgevra het rondom die gedagte van skei het HY hulle onmiddellik na die skepping geneem en toe verder ook nog gesê dat die rede waarom Moses hulle toegelaat het was weens die verharding van hulle harte. Mattheüs 19:5-8 en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief te gee en van haar te skei? Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie. Die vraag dan! Waarom sê Hy dat Moses hulle toegelaat het? Hierin sal ons die ware betekenis van bind en ontbind (loosing and binding) vind. God het Moses toegelaat om binne die raamwerk van die wet, wat aan hom oorgelewer is, dinge toe te laat of te verbied. Dit wat hy sou toelaat (ontbind) sou ook in die hemel toegelaat word en dit wat hy verbied (bind) het sou ook in die hemel verbied word. Die Priesters en wetgeleerdes het hierdie sleutels gehad om uit die wet van Moses dan hierdie dinge te kon verstaan en toepas, Jesus het egter die sleutel by hulle weggeneem en aan Sy apostels gegee sodat hulle in die apostoliese tydperk ook kon bind en ontbind ooreenkomstig die Nuwe verordeninge van God deur Sy Heilige Gees aan hulle gekommunikeer. Mattheüs 16:19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Dit is met hierdie mag om te bind, (te verbied) en te ontbind (toe te laat) dat hulle op vergaderings soos dié in Handelinge 15 besluite saam met die Heilige Gees kon maak om die mense van sekere gebruike vry te maak en aan ander steeds te bind. Handelinge 15:28, 29 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel! Die punt bly egter dat God aan ons by die wedergeboorte ‘n nuwe wet gee saam met die nuwe lewe. Die ou wet is deur die diens van Moses ingegee en die nuwe deur die diens van die apostels. Ons moet egter by die nuwe wet se gebooie bly. Maar as jy waaragig weergebore is sal jy daarby wil lewe en nie moet lewe nie. Die vraag dan ondersoek jy God se Woord om te leer hoe jy Hom beter kan dien deur gehoorsaamheid, of ondersoek jy die Skrif om jou sonde te probeer goedpraat deur verdraaing?
Posted on: Fri, 28 Jun 2013 04:56:11 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015