Hartlike Vrydag More Groete amper naweek: ʼn Pot vol lewe. Dit - TopicsExpress



          

Hartlike Vrydag More Groete amper naweek: ʼn Pot vol lewe. Dit is ʼn wonderlik somer oggend. So draf ek vinnig by die kwekery in om ʼn vetplantbestelling op te laai. Die pragtige groen spekboompies trek onmiddelik my aandag en ek roep vir Hans om ʼn ekstra een te laai vir my eie tuin. Later die middag is die spekboompie egter iets van die verlede. Een van die werkers het die diesel agter op die trokkie oopgelos en die diesel het bo-oor die spekboompie gespat. Sy blaartjies het reeds begin verkleur en die grond is papnat gespat. Ek was so teleurgestel en sit die vernielde spekboompie agter die Wendy huis waar ek hom later sal gaan weggooi. Twee weke het verloop. En ek soek na die gieter, en toe ek agter die Wendy huis in loer val my mond oop van verbasing. Daar is ʼn Klein stukkie van die dooie spekboompie wat wel oorleef het! Spontaan tel ek die potjie op en kyk na die natuurwonder van ons God. Net een takkie van die spekboompie het mooi groen gebly en is besig om nuwe blaartjies te stoot. Ek vat onmiddellik die snoeiskêr, knip die gesonde takkie af, maak ʼn pot vol kompos, gooi ʼn miswurm en ʼn ekstra erdwurm in vir geluk en plant die takkie. Wat is die les uit die plant? As hierdie plantjie so graag wil leef, verdien sy ekstra liefde en aandag. Sommer so op my knieë, voor die blompotjie dink begin ek aan al my vriende/dine, wat my lewe omring. Baie van ons oorleef ten spyte van die diesel wat soms op ons gemors word. Ons klou vas, hou uit, stoot selfs nuwe blare in doodgaan tye. Al is die grond waar ons geplant is dood en sonder enige waarde,bly ons groen en lewendig,net soos hierdie spekboompie. My gebed vir jou hierdie dag dat u met u oë op God gerig, sal vasbyt. Uself sal omvou in God se liefde. Sal aanhou dankbaar wees vir die son wat oor goed en sleg skyn. Nooit sal ophou bid en droom van ʼn uitplant dag in beter grond nie. Ek weet God beplan vir elkeen van ons ʼn pot met vrugbare grond en ʼn ekstra erdwurm net vir die liefde! Leke dag en naweek. GSu
Posted on: Fri, 29 Nov 2013 04:52:03 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015