Here help my! Dierbare kind van God, Ek voel vanmore dat - TopicsExpress



          

Here help my! Dierbare kind van God, Ek voel vanmore dat daar mense is wat hierdie woord baie nodig het en bid dat die Here die volgende gediggie, soos Hy my geïnspireer het om te skryf, vir julle gaan bemoedig en versterk. En vertrou dat Hy die storms wat julle beleef, spoedig sal laat bedaar. Baie liefde ~ Oom Jacques. Psalms 69:14 ”Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes.” • Here, help my asseblief, want mense behandel my voorwaar stief, en veroorsaak by my groot ongerief, maar ek weet dat ten spyte daarvan het U my inniglik lief. Job 30:13 ”My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self ’n helper het.” • Selfs my huisgenote word daardeur gegrief en verontrief. Dit veroorsaak twis en verdeeldheid; selfs oneerlikheid. Spreuke 20:22 ”Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die Here, dat Hy jou help.” • Ek staan hulpeloos, sonder dat daar iemand is wat my ondersteun en troos ~ Ek voel tans baie broos. Psalms 55:18 ”Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.” • Mense is onbetroubaar, en ware vriende in my nood is voorwaar raar. • Gaan die stryd teen my dan nooit ophou, terwyl ek vashou en U vertrou. Psalms 40:13 ”Laat dit U behaag, Here, om my te red; Here, maak tog gou om my te help!” • Here, staan tog op in my stryd, want mense is besig om my te beskinder, en vir al wat sleg is uit te kryt. Psalms 37:40 ”En die Here help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.” • U is my bevryder, so ek vra U om die struikelblokke tog te verwyder, sodat ek U werke kan volbring met ywer. • Ek maak op U staat, want U sal namens my die stryd stry, en my verdedig met U uitspraak ~ so sal U my bevry en weer gesond maak. Jesaja 30:15 ”Want so sê die Here Here, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag...” • Laat my jammerklagte tog by U opklink, terwyl U my nie vergeet en aan my bly dink. Eksodus 3:7 ”En die Here sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.” • Nou sê ek dankie vir die uitkoms, sodat die vrees sal wyk, wat my hart so laat bons. Ek het U lief O, Heer, wat die oormag van my teëstanders betyds keer. Dankie liefdevolle en betroubare Heer. Jesaja 41:10 ”Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.” Facebook: Jacques van der Hoven.
Posted on: Sat, 16 Nov 2013 13:35:54 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015