Het ons mekaar waarlik lief? Dierbare kind van God, Ai, hoe - TopicsExpress



          

Het ons mekaar waarlik lief? Dierbare kind van God, Ai, hoe sukkel ons, veral in hierdie tyd waarin ons lewe met sy dikwels oorweldigende intensiteit, nie met hier die saak nie. Mag die Here vir ons help om daarop te fokus om mekaar te vergewe en om in vrede met mekaar te lewe. Groete ~ Oom Jacques. Romeine 13:8 ”Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ’n ander liefhet, het die wet vervul.” ● Het ons mekaar waarlik lief? Waarom behandel ons dan mekaar so dikwels stief? ● Die hart en die gevaarlike tong, skiet uit ’n uiters gevaarlike vonk. ● Dit bring verwarring terwyl ons eindeloos aan mekaar karring. ● Smart en droefheid veroorsaak dit, terwyl baie mense genot daaruit put. ● Hoekom is ons tog met tye so boos, terwyl Jesus wil hê ons moet wees: teer en broos. 1 Johannes 4:11 ”Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.” ● Kom ons bely hierdie sondige trent en maak ’n einde aan hierdie gevaarlike vent. 1 Johannes 4:20 ”As iemand sê: Ek het God lief - en sy broeder haat, is hy ’n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? ● Vergifnis is groter as wraak, want aan die einde is dit tog al wat saak maak. Dit herstel liefdeskoorde, met sagte liefdeswoorde. ● Harte rein en skoon, waarin Jesus as Koning woon. 1 Tessalonisens 4:9 Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê...” Dierbare Heer, Laat liefde en vergifnis tog ons lewens beheer, en vergewe ons Heer om liewer die goeie in mekaar te sien en so van mekaar tog iets betekenisvol te leer! Spreuke 10:12 ”Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.” Facebook: Jacques van der Hoven.
Posted on: Fri, 12 Jul 2013 21:22:41 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015