Hoe kan ek jou tog anders oortuig, dat God se Genade ‘n mens kan - TopicsExpress



          

Hoe kan ek jou tog anders oortuig, dat God se Genade ‘n mens kan laat juig? Positiewe denke trek positiewe dinge, negatiewe gedagtes laat jou wandel in kringe. Net as ek dink jy sien God se Hand speel jy volstruis met jou kop in die sand! Ja jy’t ‘n pyn en soms baie probleme, maar dalk is daar iets wat jy moet vergewe? Laste kan soms jou skouers platdruk want goed wat jy saamdra word mos ‘n juk - Mense en dinge en hartseer en traan is soms juis die goed wat jou geloofsoë toeslaan! Rig op jou oë en maak oop jou hart, vertel God alles van geheime en smart, vertel Hom dan ook van dit wat jou pla, van elke dag se stryd en gewete wat kla. Bid en bely, vergifnis en vryspraak dis als dinge wat in geloof saakmaak – Ek moes dit leer deur die aardse-hel-pad maar elkeen kry ‘n keuse om te bly in sy gat. Ek as mens kan jou nie anders oortuig, maar Hý wat in mý is kan jóú ook laat juig!
Posted on: Wed, 09 Oct 2013 08:46:39 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015