Hoe werklik is die wereld van die ateistiese kampvegter werklik, - TopicsExpress



          

Hoe werklik is die wereld van die ateistiese kampvegter werklik, wonder ek. Hul minagting vir diegene wat die fabel van geloof tot die dood toe aanhang, hul bespotting van onlogiese dwaashede, hul begrip van die ware betekenis van die lewe et cetera et cetera stam tog sekerlik uit hul superieure intelek, logika en kennis? Ek sou darem graag die logika en waardes van diesulkes wou onderwerp aan kruisondervraging. Die eerste lyn van ondersoek sou ek fokus op hul konsepte van geluk en genot. Ja, ons weet dat die ervaring daarvan (geluk, genot) n biochemiese proses is, maar is daar enige substans in die sogenaamde waarheid wat die ateis se stimulant vir hierdie proses kan wees sonder die walgende swakheid van die gelowige se fantasie? Dit sal my eerste vraag wees. Ek het die vraag en dispuut/konflik/dilemma spontaan geformuleer (ek stik soos ek dink), maar steeds gedagtig aan die geprojekteerde moontlike antwoorde. Die einddoel van my eerste ondervragingslyn sal wees om aan te toon dat dit n groot klomp snert is waaraan hulle vasklou, want die premis is heel verkeerd en op dwaasheid gebaseer. Ek sal aantoon dat die waarheid en werklikheid wat hulle voorhou om godsdienstiges mee af te kraak, nie bestaan nie. Vir dieselfde redes wat hulle aanvoer dat daar geen god is nie, is daar ook geen lag nie. Liefde is gevolglik nie n woord wat hulle durf gebruik nie, dit bestaan ook nie. Nog meer tragies in hierdie sinnelose kortsigtige groepering van ons en hulle, is ons minagting van ons swakhede in die gang van ons synde. Ek sal aantoon dat die lewe ongenaakbaar is, dat daar is geen logiese rede vir my voorbestaan nie. Ek tjirp soos n kriek wat wag dat die huisbaas my met gif gaan spuit, maar in n getuiebank sal ek enigeen wat die lewe sinvol wil uitle tot openbare selfmoord dryf. Die logiese sin vir jou en my bestaan ontbreek. Al wat my oortuig om nog hier te wees is die fantasie van liefde. En ek voel dit sonder vingers en ek sien dit sonder oe ek hoor dit gee dit vat en verskeur dit prys dit besing dit en glo dit, huil daaroor en dit maak geen sin nie. Dit is n algemene deler van ons almal, slim, groot, klein, ryk of arm. En as jy weer jou oordeel oor my uitspreek, stroop jouself van hierdie dinge, want jou getuienis weerspreek jou saak.
Posted on: Tue, 03 Dec 2013 15:34:00 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015