Hoofartikel: Haal wind uit terro’s se seile Beeld Dinsdag 24 - TopicsExpress



          

Hoofartikel: Haal wind uit terro’s se seile Beeld Dinsdag 24 September 2013 Die terreuraanslag in Nairobi, Kenia, wys dat Islamitiese terrorisme goed wortel in Afrika geskiet het. Die organisasie wat die verantwoordelikheid vir die aanslag opgeëis het, Al-Sjabaab, is ’n fundamentalistiese Moslem-beweging met sy oorsprong in Somalië. ’n Woordvoerder van Al-Sjabaab het gister gesê die aanval is in reaksie omdat die Keniaanse weermag verlede jaar militêr teen die fundamentaliste in Somalië opgetree het. ’n Voorlopige balansstaat wys verskeie sake uit. Eerstens wys dit dat terreurbewegings gedy in swak of mislukte state, waarvan Somalië een is. Dié land het in die praktyk geen doeltreffende regering nie. Dit beteken dat geweld Somalië se vernaamste uitvoerproduk geword het. Al-Sjabaab het reeds ’n groot terreuraanslag in Uganda uitgevoer, maar die seerowery rondom die Horing van Afrika wys ook dat anargie in Somalië heers. Die tweede is dat die gewelddadige Islamitiese fundamentalisme suksesvol na Afrika uitgevoer is. Nigerië, sowel religieus as etnies een van die mees verdeelde lande ter wêreld, het geboorte gegee aan die Islamitiese terreurbeweging Boko Haram, aan wie se hande die bloed van honderde onskuldige mense kleef. Algerië en Mali het ook die laaste paar maande deurgeloop onder gewelddadige fundamentaliste wat meen hul godsdiens gee hulle nie alleen die reg om hul oortuigings aan ander op te dwing nie, maar om andersdenkendes na willekeur te vermoor. Wat kan teen die terreur gedoen word? Uiteraard militêre optrede. Maar dit is slegs ’n deel van die antwoord. Die Franse militêre denker David Galula het geskryf dat teeninsurgensie-oorlog slegs 20% militêr is en 80% burgerlike aksie. Die wind moet dus uit die terroriste se seile geneem word. En dit verg ontwikkeling en goeie staatsbestuur – helaas sake wat in Afrika dikwels ver soek is.
Posted on: Tue, 24 Sep 2013 11:27:47 +0000

Trending Topics



0px;">
Hey guys, if you like a pic then share it on your wall. It will
We’re all seeking that special person who is right for us. But
Avram Grant set to start work as Ghana coach tomorrow Veteran
Fellowship of Reconciliation shared a link. Dear friends, TAKE A

Recently Viewed Topics




© 2015