Hy wat n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op - TopicsExpress



          

Hy wat n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus - Fil. 1:6Seenwense wat uitgespreek is in die brief van Paulus aan die Filippense. So kan ons ook die positiewe woord asook die mees positief die Woord oordra aan ons naaste. Die Here wil elkeen van ons gebruik tot Sy Eer en niemand is uitgesonder nie. Goeie werk, n werk wat nie altyd beloning direk bring nie, maar die beloning eendag is so groot. Nogtans is dit nie maklik nie, want dis reeds dan wanneer die aanslae begin en fel word. Dit is dan wat ons moet vasstaan in die geloof en volhard tot die einde toe. Verrassend om elke keer te sien hoe die Heer deurbreek vir jou as instrument, daarom moenie huiwer nie, gaan voluit, God is met jou, stel jouself beskikbaar, dit tyd is nou. So spreek ons dan ook oor mekaar seenwense uit soos Paulus gedoen het. Woorde van seen en al die Eer aan die Heer. *M*
Posted on: Fri, 20 Sep 2013 04:19:21 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015