IETSIE VIR DIE PAD Liewe Heer, dankie vir die voorreg om klein te - TopicsExpress



          

IETSIE VIR DIE PAD Liewe Heer, dankie vir die voorreg om klein te word by U voete. Dankie dat U ons hele menswees omvou met U liefde. Dat hierdie tydjie saam met U, die kosbaarste is van ons hele dag. Heer ons begin elke nuwe dag met soveel goeie voornemens, net om aan die einde weer te besef dat ons almal feilbare mense is. Niemand kan staande bly sonder U nie. Dankie dat U die groot Versorger is. U hou alles wat leef in stand en elke dag is vol genade. Heer gee dat ons ook sal uitreik na ander in nood, dat ons woorde sag sal wees en dat ons oral waar ons gaan die lieflike geur van Jesus sal versprei. Ons bid vir elkeen wat hartseer en eensaam is. Laat U teenwoordigheid vir elke eensame n werklikheid wees. Ons bid dit in die lieflike Naam van Jesus. Amen.
Posted on: Mon, 22 Jul 2013 16:26:57 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015