Inklok-stelsel vir LP’s gou aktief Die Burger KAAPSTAD. – Die - TopicsExpress



          

Inklok-stelsel vir LP’s gou aktief Die Burger KAAPSTAD. – Die ANC het gister smalend gereageer op beweerde onmin in die DA se parlementêre koukus en die geleentheid gebruik om ’n elektroniese stelsel wat LP’s se bywoning monitor, te propageer. “Toe die ANC onlangs sy steun aan die parlement se voorgestelde elektroniese monitorstelsel en ’n beleid oor verlof en bywoning uitgespreek het, en ook gevra het dat dit onmiddellik ingestel word, het die DA-hoofsweep, Watty Watson, ons beroep verwerp en beweer die DA het sy eie, doeltreffende stelsel,” lui ’n verklaring uit die kantoor van die ANC-hoofsweep, Stone Sizani. Volgens die ANC dui ’n berig wat gister in The Sunday Times verskyn het op die teendeel. Daarvolgens is daar glo onmin onder sommige DA-LP’s oor punte toegeken vir hul prestasieverslae, wat bywoning insluit. Volgens die ANC sal die parlement se elektroniese stelsel in die volgende parlementêre termyn in werking tree. “Die grondwet vereis van die parlement om ’n bywoningsbeleid in te stel en omstandighede voor te skryf waaronder ’n LP sy setel kan verloor,” lui die verklaring. – Jan Gerber
Posted on: Mon, 30 Sep 2013 08:47:55 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015